Belangrikheid van kinderliteratuur in die klaskamer

Wat is kinderliteratuur?

Kinderliteratuur kan gedefinieer word as 'n groep geskrewe werke wat spesiaal gerig is op jong kinders. Hierdie literatuur-styl is daarop gefokus om kinders te vermaak en kan ook gebruik word as ‘n onderrig-middel. Hierdie soort literatuur is op so ‘n manier geskryf dat dit die kinders emosioneel, geestelik, sosiaal en kognitief bevorder. Dit spreek die kinders op so ‘n manier aan, wat aansluit by die unieke eienskappe van kinders, sodat die kinders dit maklik sal kan verstaan. (Fisher, 1969) Kinderliteratuur maak dikwels gebruik van kleurvolle illustrasies wat die kinders se aandag trek. Dit is egter moeilik om die spesifieke onstaan van kinderliteratuur aan te dui omdat die tradisionele orale kinderliteratuur meer volop was in die 18de eeu en daar egter geen skriftelike bewyse van die literatuur voorkom nie. Dit dui dan ook daarop dat daar verskillende tipe kinderliterature voorkom wat spesifieke voordele vir die kinders inhou. Mens kry egter visuele literatuur, wat prenteboeke, geskrewe sprokies en verhale, strokiesprente en tydskrifte insluit en dan asook orale literatuur wat gedigte, fabels, volksliedjies en rympies insluit. Kinderlitratuur is egter van groot belang in die ontwikkeling van kinders, dus is dit baie belangrik om kinderliteratuur deel te maak van die klaskamer omgewing waarin die kind leer.


Die belangrikheid van kinderliteratuur!

Kinderliteratuur is n verbeeldingrykende middel, dit stimuleer kreatiwiteit en verbeelding. (Joubert, 2019). Die onafhanklike lees van kinderliteratuur bevorder kognitiewe ontwikkeling. Kinderliteratuur bevorder kinders se taalgebruik en vergroot die kind se woordeskat. (Thomson, 2005) Alhoewel kinderliteratuur baie voordelig is vir taalleer is dit baie belangrik dat kinders moet lees vir die plesier daarvan! Lees dra soveel voordele in die ontwikkeling van kinders. Kinderliteratuur maak dit vir kinders moontlik om boeke te geniet en terselfdertyd kennis op te doen. As kinders vir hul eie plesier lees, is kinders meer oopkop en bereid om 'n boek ten volle te begryp en van te leer as wanneer hulle gedwing word om te lees. (Butzow, 1989) Kinders wat stories geniet, kry baie intrinsieke waarde daaruit omdat hulle 'n verhaal, gebaseer op die woorde, kan ontdek. Omdat die lees van kinderliteratuur 'n kind se verbeelding stimuleer, bied lees 'n belangrike visuele ervaring.

Kinderliteratuur maak die kinders bewus dat, daar meer as net hulle eie perspektief is. Hulle leer situasies kan verskil van hulle eie en kry n breër prentjie van die mensdom en begin sin maak van die wêreld om hulle. Kinders kan deur kinderliteratuur leer om te onderskei tussen realiteit en die fantasie wêreld. Hulle begin bewus raak van hulle omgewing. Die kinders se verwysingsraamwerk vergroot en hulle word dus toegerus om ou informasie en konsepte, by nuwe informasie en konsepte in te skakel en n nuwe, bevorderde persepsie te ontwikkel. (Joubert, 2019). Kinderliteratuur bied aan kinders die geleentheid om op literatuur te reageer en hul eie opinies oor die onderwerp te ontwikkel. Dit versterk die kognitiewe ontwikkelingsgebied, aangesien dit dieper nadenke oor literatuur aanmoedig. Kinderliteratuur speel n groot rol in die ontwikkeling van die kind se persoonlikheid en sosiale raamwerk. Kinders van ‘n jong ouderdom is geneig om hulle emosies vreesloos uit te beeld, en dus kan dit die kinders help om 'n hart van omgee te ontwikkel en hulle begin om ander se gevoelens en standpunte in ag te neem. Kinderliteratuur leer kinders die vermoë om ander se sienings te verstaan en nie selfsugtig te wees nie.


Die kinders leer dat emosies en gevoelens oorgedra kan word deur kinderliteratuur en deur hoe die storie vertel word. Die kinders se konseptuele vaardighede ontwikkel deur kinderliteratuur. Kinderliteratuur bevat meestal n lessie waaruit die kinders kan leer. Die kinders leer sekere morele waardes en leer van n basiese reg en verkeerd. Dit ontwikkel egter emosionele intelligensie. Kinderliteratuur bevat 'n aantal oomblikke van krisisse, wanneer karakters morele besluite moet neem. Die karakters moet egter goeie redes nadink vir die keuses wat hulle maak en so leer dit die kinders wat die boek lees om hierdie denkwyse aan te leer. Hierdie is egter ‘n belangrikke vaardigheid wat kinders moet aanleer. Dit stel die kinders ook in staat om met kritiese denke na situasies te kyk en probleemoplossings-vaardighede te ontwikkel. (Norton, 2010). Jong kinders ervaar dikwels vrese wat in kinderliteratuur aangespreek word. Kinderliteratuur kan egter kinders help om ontslae te raak van sekere vrese, of hulle leer hoe om hierdie vrese te konfronteer en dit te hanteer op 'n gepaste wyse. (Joubert, 2019).

Alhoewel onafhanklike lees van uiterse belang is, is dit ook baie belangrik dat die ouers betrek word in die proses. Kinderliteratuur maak dit moontlik vir die ouers om tyd saam met hulle kinders te spandeer op 'n kinderlike vlak waar die kinders die meeste by sal baat. Die ouers kan die kinders help om dinge raak te sien in boeke wat die kinders dalk nie self sou raaksien en van kon leer nie. Dit egter vergroot die kind se kennis. Dit maak kommunikasielyne oop tussen die kind en die ouers, waar die kind vrae kan vra en onsekerheid uit die weg ruim. Ouers wat saam hulle kinders lees motiveer hulle kinders en skep 'n fondasie van lees. (Lake, 1993) Onderwysers en ouers moet beide in staat wees om te onderskei tussen kwaliteit en middelmatige literatuur, sodat die beste boeke aan die kinders kan verskaf word om hierdie belangrike waardes van literatuur aan te moedig en om ontwikkelingsgebiede te verbeter.


Die belangrikheid van kinderliteratuur in die klaskamer en hoe die onderwyser dit kan inkorporeer.

Alhoewel daar in vandag se klaskamer baie min tyd gemaak word vir lees en kinderliteratuur, is dit nog steeds van uiterse belang dat die onderwyser dit deel maak van die kind se daaglikse leerproses.

Hieronder volg maniere hoe die onderwyser kinderliteratuur in die klaskamer kan inkorporeer.

- Die onderwyser kan kinderliteratuur gebruik om temas wat in die klas gebruik te ondersteun en 'n les uit kindrliteratuur te skep wat voedingrykend vir die kind sal wees.

- Die onderwyser kan n boekrak in die klas beskikbaar stel wat kinderliteratuur bevat en as die kinders klaar is met hulle werk wat aan hulle gegee was kan die kinders ‘n boek vat en die boek lees terwyl daar gewag word vir die ander kinders om klaar te maak. Visuele lietratuur is vreeslik belangrik vir kinders want dit is waar kinders interpreteer wat hulle lees en sien en mening koppel aan hierdie simbole. (Joubert, 2019).

- Die lees van prenteboeke aan kinders stel hulle voor aan leesstrategieë wat gebruik word om leesvaardighede te ontwikkel en uit te brei. (Huck, 1997) Oor die algemeen is hierdie boeke noukeurig geskryf, sodat die meeste woorde uitgeklink kan word. Die foto's gee leidrade oor wat die woorde beteken. Deur die kinderliteratuur leer die kinders om woorde en prente te interpreteer en mening agter hierdie simbole te koppel.

- Kinders kan leer om literatuur te evalueer en te ontleed, en om die onderwerp op te som asook om boeke en karakters van mekaar te onderskei. Kinderliteratuur sal dus basiese kritiese denke en redeneringsvermoë verbeter wat die grondslag vorm vir leer.


- Die onderwyser kan geleenthede skep waar die kinders in twee opgedeel word waar die een kind vir die ander een lees. So leer die kind om vlot te lees en taalbegrip en die leer van sinskonstruksie word bevorder. Die ander kind moet egter luister en die prentjies aan die woorde wat die kind hoor koppel. Die kinders ontwikkel egter gehoor vermoë hierdeur.

- Die onderwysers kan die kindeliteratuur gebruik om die kinders in te lig oor die verskillende tipes kulture wat voorkom. Daar kan ook ‘n les voorberei word waar die kinders in die klas se kulture bespreek word. Wanneer kinders oor hulle eie kultuur en erfenis leer, kan dit ‘n gevoel van waardering en aanvaarding skep. Die leer van ander kulture is ook belangrik want dit leer die kind om respek vir ander mense en hulle kulture te toon, selfs verskil hulle norme. Dit bevorder kulturele kennis, koester groei en bied ontwikkeling van die kind se persoonlikheid en sosiale vaardighede. (Joubert, 2019).

- Orale kinderliteratuur soos volksverhale kan gebruik word waar die onderwyser verskillende stories wat van generasie na generasie oorgedra word te vertel, waar die kinders hoë estetiese waarde aan kan heg. Die kinders se emosionele intelligensie ontwikkel. (Donna Norton, 2010) Wanneer die onderwyser die kinders saam op die mat laat sit en vir hulle stories vertel, bevorder dit die kinders se luistervaardighede en sosiale ontwikkeling. Die kinders leer om saam te werk en te deel, respek te hê en almal in ag te neem wat besig is om te luister.

- Die onderwyser kan gedigte en rympies gebruik waar die kinders die klankpatrone moet identifiseer en gebruik. Die kinders leer om te redeneer deur om rympies en gedigte te analiseer. Die onderwyser kan die hele klas laat aksie-rympies opsê, waar hulle bewegings moet doen. Hierdeur ontwikkel die kinders perseptuele vaardighede. Die kinders kan konsepte soos rigting, kleur en ruimtelike posisie aanleer. (Joubert, 2019).

- Die onderwyser kan begripstoetse opstel wat hulle lees en luistervaardighede sal assesseer.

- Die onderwyser kan ook kinderliteratuur gebruik om die klaskamer te versier. Geskrewe rympies en gedigte kan op die mure geplak word. Alfabet kaarte en gepaste foto’s kan uitgestal word in die klaskamer. Plakkate wat lees aanmoedig kan ook gebruik word. Wanneer die klaskamer versier is met prettige en kleurvolle, maar tog akademiese versierings, sal dit die kinders motiveer om deel te neem en 'n atmosfeer skep waar lees en die gebruik van kinderliteratuur aangemoedig word. (Lake, 1993) Die kinders leer ook basiese konsepte deur te lees en te leer wat op die mure staan.



Om kinders aan kwaliteit literatuur bloot te stel, kan bydra tot die skepping van verantwoordelike, suksesvolle en goedhartige kinders. Die blootstelling van kinderliteratuur bevorder die kinders se kulturele kennis, emosionele intelligensie, kreatiwiteit, sosiale vaardighede, taalbegrip en woordeskat en kognitiewe vaardighede.

As jy belangstel in kinderliteratuur wat geskik is vir die klaskamer sowel as boeke wat die onderwyser help om klas te gee met die gebruik van kinderliteratuur, kliek hier.

Bronnelys


Butzow, Carol M.& Butzow, John W.1989. Science through children's literature.Englewood, Colorado: Teacher Idea Press.
Fisher, M. 1969. Intent upon Reading. Leicester: Brockhampton.
Huck, Charlotte S., & Helper, Susan, & Hickman, Janet, & Kiefer, Barbara Z. 1997.Children's Literature in the elementary school. (6th ed.) Madison, WI: Brown &Benchmark.
Joubert, I., ed. 2019. Literacy in the foundation phase. Pretoria: Van Schaik Publishers.
Lake, Jo-Anne. 1993. Imagine: A literature-based approach to science. Markham, Ontario.
Norton, D., & Norton, S. 2010. Through the eyes of a child: An introduction to children’s literature (8th ed.). Boston, MA: Prentice-Hall.
Stover, Lois Thomas. 1996. Young adult literature: the heart of the middle school curriclum.Portsmouth, New Hampshire: Boyton/Cook Heinemann. p. 11-13.
Thomson, F. 2005. Onsluit n wêreld van woorde en fantasie. Beeld.