Leesonderrig in Gr.1-3



Leesonderrig in die Grondslagfase

Spesifieke doelwitte van die Suid-Afrikaanse kurrikulum

Daar moet daagliks tyd opsygesit word uit 'n les vir die dek van lees en skryf. Verder moet die onderwyser ook begeilde lees met die kinders doen. Laastens, is dit belangrik dat kinders tyd kry om in pare te lees (Department of basic eduaction, 2011).

Persoonlik hou ek baie van die artikel genaamd “Investigating the comprehension iceberg: Developing empirical benchmarks for early-grade reading in agglutinating African languages” geskryf deur, (Spaul, N., Pretorius, E.&Mohohlwane, N.). Die navorsing in die artikel is baie relevant omdat dit op die Suid-Afrikaanse konteks gebaseer en dit kan jou help om veeltaligheid meer in die Suid-Afrikaanse konteks te verstaan. Veral as jy kinders in jou klas het wat se huistale onder die Nguni of Sotho taalfamilies val. Sowel as kinders wat Tsivenda of Xitsonga praat. Leesonderrig is 'n baie belangrike aspek wat 'n rol speel in hoe 'n kind presteer op skool. Daarom is dit belangrik vir Grondslagfase onderwysers om, van dat die kind die skool intree, 'n goeie basis moet neerlê op die kinders se “lees kursus”.

Kliek hier indien jy die artikel wil lees.



Daar is verskeie faktore wat 'n rol speel op 'n kind se veromoë om te lees met begrip. In die volgende afdeling noem en beskryf ek enkele faktore.

1.Rykheid van die kind se woordeskat

In die linguistiesefase van taalontwikkeling staan daar dat 'n kind veronderstel is om op die ouderdom van 7 al sowat 7000 woorde verstaan en dat hulle op elke daaropvolgende jaar 'n duisend woorde sal byvoeg (Joubert, 2019).

2.Grammatikale kennis van die taal waarin die teks geskryf is.

Die woordeboek definieer “grammatika” as die “reëls waardeur woorde hul vorm verander en in sinne gekombineer word. Om die taal effektief te kan praat en skryf, is dit nodig om die taal korrek te gebruik. Om effektiewe sprekers en skrywers van 'n taal te word, benodig die studente egter hoofsaaklik grammatika. Terwyl studente hul skryfwerk hersien en redigeer, kan onderwysers grammatikale onderrig gee wat studente begelei in hul pogings om sinstruktuurprobleme te identifiseer en te korregeer (Santhi & Dr.R.Selvam, 2020).

3.Die tegniese vermoë om geskrewe teks te dekodeer.

Dekodering word erken as 'n belangrike vaardigheid wat kinders in die primêre fase moet aanleer.Dekodering bevat beide 'woordherkenning' en ‘woordaanval’. By woordherkenning pas die leser die kennis van die kode onbewustelik en spontaan toe, dit wil sê die lesers assosiasieër letters en lettergrepe met hul klank. Aan die ander kant behels woordaanval 'n bewuste en doelbewuste toepassing van hul kennis van die kode om die gewenste klank te produseer of om nuwe woorde uit te spreek (Patrick, 2020).

4.Die vetroudheid met verskillende tekste en die gebruik van stratigië om dit te lees.

Die doel om leesonderrig aan kinders te gee is sodat kinders die vermoë kan hê om te vertsaan hoe geskrewe teks, gesproke taal kan voorstel. Kinders moet verder op hulle eie enige teks akkuraat sowel as vinnig kan ontsyfer en betekenis daarvan vir hulself kan maak (Spaul, et al., 2020).

Daar is verskeie oorsake wat bydrae tot swak leesvermoë


1.Neurologies:

Breinmetabolisme is wanneer iemand byvoorbeeld kan sê of die twee woorde “dak” en “vlak” rym. Hierdie vermoë verskil in vlakke van bekwaamtheid by elke individuele person. Dit gaan meer oor die brein funksie as die brein struktuur.

2.Geneties:

Leesprobleme kan veroorsaak word deur gene wat oorgedra word van ouers af. Die mense om jou het ʼn groot invloed op ʼn kind se lees vermoë. Wanneer ʼn ouer hou van lees sal hy/sy tien ten een baie vir sy/haar kinders lees. Die kind sal heel mootlik baie vir sy/haarkinders ook lees. Ongelukkig kan die teenoorgestelde ook gebeur.

3.Sosiale en kultruele nadele:

Die beskikbaarheid van media en boeke in elke kultuur en taal in die wêreld is nie ewe veel beskikbaar nie.

4.Instruksioneel:

Die invloed van instruksiefaktore word onderskat want vaardighede wat lei tot swak lees kan op gefokus word in Graad 1 tot 2. Vir sommige kinders gaan dit 'n paar jaar vat om in ʼn breedvoering al die leesvaardighede aan te leer (Reading Rockets, 2020)


Die lees piramiede

Hierdie piramiede kan gebruik word om te verduidelik dat as 'n onderwyser die fonetiese metode gebruik dal sal hulle aan die onderkant van die piramiede begin by fonologiese en fonemiese bewustheid. Met die kyk-en-sien metode sal die onderwyser bo op die piramiede begin met begrip.

  1. Begrip

Dit is wanneer die kind die vermoë het om te verstaan en te interpreteer wat hulle lees. Om begrip te hê oor wat jy lees moet lees gekombineer word met denke en redenasie.


Identifisering

-Die kinders sal iets sê soos,” Ek het nie verstaan waaroor die boek gegaan het nie.”

-Die leerling het nie die vermoë om die storie op te som nie.


Hoe kan die onderwyser help?

-Vra baie “oopeinde vrae” tydens die lees van die storie.

-Laat die kinders voorspellings maak oor wat in die storie gaan gebeur (Kelli Johnson, 2014-2020).


2.Voldoende woordeskat

Dit verwys na die woorde wat 'n mens kan gebruik om suksesvol te kommunikeer. Dit dra by tot 'n leerling se begrip van wat hy lees.

Gaan na die volgende link om oulike toepassings wat kinders se woordeskat kan verbreed te vind.

Identifisering

-Kinders voel dat hulle dieselfde woorde oor en oor gebruik.

-Die kinders sal gewoonlik nie alleen wil lees nie, omdat hulle nie verstaan wat die woord beteken nie.

Hoe kan die onderwyser help?

-Lees elke dag vir die leerlinge en identifiseer en definieer “groot” woorde.

-Motiveer die kinders om op hulle eie te lees.

3. Vlotheid van lees

Dit is die vermoë om te kan lees met spoed, akkuraatheid en behoorlike uitdrukking. Kinders moet vlot kan lees om te kan verstaan wat hulle lees

Identifisering

-Dit vat die leerlinge lank om te lees en hulle sukkel om te verstaan wat hulle lees.

Hoe kan die onderwyser help?

-Lees 'n kort leesstuk en vra die leerling om die paragraaf dadelik terug te lees.

-Gee vir die kind dieselfde leesstuk om te oefen. Hy/ Sy kan dan self hulle vordering aanteken.

4.Fonologiese en Fonemiese bewustheid

Fonologiese bewustheid: Die vermoë om klanke van die gesproke taal te kan erken en iets met die klanke te maak. Byvoorbeeld, die kind moet kan agter kom dat “Sannie sal sewe sake sout sleep”, alliterasie van die “s-klank” is.

Fonemiese bewustheid: Die vermoë om 'n woord in sy verskillende dele op te deel (Kelli Johnson, 2014-2020).Verder is dit die vermoë om klanke, woorde en sillabes te hoor en dan die vermoë te hê om daardie drie aspekte van taal te manipuleer om woorde te vrom (Joubert, 2019).


Identifisering

-Die kind sukkel om klank herhaling en alliterasie te identifiseer.

-Die kind sukkel om die eertse klank wat hulle hoor te identifiseer.

-Woorde wat soortgelyk klink word verwar (Kelli Johnson, 2014-2020) .

Hoe kan die onderwyser help?

-Lees boeke en sing liedere met rympies en gedigte in (Reading rockets, 2020).

Bronnelys



Joubert, I., ed., 2019. Literacy in the foundation phase. Pretoria: Van Schaik Publishers.
Kelli Johnson, M., 2014-2020. Phonological Awareness: What You Need to Know. [Online]Available at: https://www.understood.org/en/learning-thinking-differences/child-learning-disabilities/reading-issues/phonological-awareness-what-it-is-and-how-it-works[Accessed 15 March 2020].
Patrick, A., 2020. ⓒ2019AuthorsStrengthening Decoding Skills among Adult Omani Students through Remedial Work: An Experimental Classroom Action Research. Our Heritage, 68(1), pp. 9627-9529.
Reading Rockets, 2020. A Scientific Approach to Reading Instruction. [Online] Available at: http://www.ldonline.org/article/6251 [Accessed 17 May 2020].
Reading rockets, 2020. Reading Rockets. [Online]Available at: https://www.readingrockets.org/helping/target/fluency#:~:text=Fluency%20is%20defined%20as%20the,phrases%20and%20add%20intonation%20appropriately.[Accessed 15 March 2020].
Santhi, D. & Dr.R.Selvam, 2020. TEACHING GRAMMATICAL STRUCTURES USING INTERACTION. ROOTS, February, 6(2349-8684), pp. 21-22.
Spaul, N., Pretorius, E. & Mohlowane, N., 2020. Investigating the comprehension iceberg: Developing empirical benchmarks for early-grade reading in agglutinating African languages. South African journal of childhood education, 18 February.pp. 1-5.