Mev. K. Kleynscheldt
In 2013 het mev. Karien Kleynscheldt by die personeel van die Hoërskool Melkbosstrand aangesluit. Sy het begin om Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal te gee en is die afgelope vyf jaar die vakhoof van Afrikaans Huistaal. Mev. Kleynscheldt is passievol oor Afrikaans en glo vas dat dié taal nie gaan verdwyn solank mense nog bid, sing, dig en vloek in al die verskillende variante van Afrikaans nie.
Mev. K, Kleynscheldt is 'n senior merker vir die nasionale senior sertifkaat eksamen.
Mev. W. Fourie
Mev. W. Fourie het in 2016 deel van die Afrikaanse vakspan geword. Sy is aangestel as Afrikaans EAT vakhoof en dit is hier waar sy ons leerders wat Afrikaans as tweede taal neem, aanspoor en ondersteun om die vak te geniet en al die "mooi" van Afrikaans as taal te waardeer.
Mev. W. Fourie is 'n senior merker vir die nasionale senior sertifkaat eksamen.
Taal is 'n instrument vir denke en kommunikasie. Dit is ook 'n kulturele en estetiese middel wat mense deel om beter sin te maak van die wêreld waarin hulle leef. Die doeltreffende gebruik van taal stel leerders in staat om kennis te verwerf, hulle identiteit, gevoelens en idees uit te druk, in interaksie te tree met ander en om hul eie leefwêrelde te bestuur.
Daaglikse mondelinge kommunikasie
Aandagtige lees van literêre en nieliterêre tekste
Uitgebreide selfstandige lees en kyk
Prosesskryf
Taalstrukture en -konvensies tydens prosesskryf
Tekssoorte, -strukture en taalkenmerke
Sistematiese taalontwikkeling
Hierdie punte word deur die loop van die jaar saamgestel uit 10 verskillende Formele Assesseringstake (FAT’s), nl. mondelinge, kwartaaltoetse, skryfwerk en vraestelle.
’n Swak taalpunt beïnvloed algemene prestasie.
Leerders MOET vir alle vraestelle voorberei!
Doelwitte: 100% slaagsyfer van gr. 8-12.
Ons wil GOEIE taalgebruikers kweek.
- joernalistiek - taalversorging
- vertaling - onderwys
- skrywer - uitgewery
- kopiereg - dokumentontwerp