Die doop as sakrament kan teruggevoer word na Jesus se opdrag aan sy dissipels voor sy hemelvaart (Matt 28:18 – 20). Die instelling van die doop is daarom ‘n bevestiging dat ons opgeneem word in die liggaam van Christus. Die doop dra ook ‘n verbondskarakter wat ons deel maak van die nuwe geloofsgemeenskap wat Jesus kom bewerkstellig het.
By die NG Gemeente Florauna doop ons op die eerste Sondag van die maand en ouers wat graag wil doop moet ‘n doopgesprek bywoon wat onder leiding van die Leraars sal geskied. Die doopgesprek word gehou op die laaste Sondag van die maand na die 09:00 erediens. Registrasie vir 'n doopgesprek word deur die kerkkantoor hanteer.
Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.
Doopvideos word deur Peter Tolsma behartig. Hy kan gekontak word op 081 361 5962 of tolsmap@telkomsa.net