Om lede van die aksie gesellig byeen te bring.
Om mekaar by te staan, op te beur, te ondersteun en sodoende meer vir onsself, ons medemens, ons kerk en dus vir God te doen.
Die bestuur bestaan uit 5 lede
Bestuurslede word in Februarie van elke jaar tydens die jaarvergadering verkies.
Byeenkomste vind op die laaste Woensdag van elke maand plaas, behalwe gedurende Julie en Desember wanneer geen byeenkomste plaasvind nie.
Geen ledegeld is betaalbaar nie en aansoek om lidmaatskap is ook nie nodig nie. Enige persoon bo 50 jarige ouderdom is welkom.
Lede is slegs vir ete geld verantwoordelik.
Sou 'n lid nie wil saam eet nie en slegs die verrigtinge wil bywoon, is dit in orde. Hulle moet ons net laat weet sodat ons vir 'n sitplek kan reël.
Daar vind ook besoeke aan die senior aksies van die gemeentes in die Ring plaas om onderling met mekaar te verkeer.
Indien u wil inskakel by Aksie 50+ skakel asb vir Frikkie du Plooy of die Kerkkantoor