Senior lidmate in ons gemeente word tuis of in Aftreeoorde besoek. By Huis Hermon word weeklikse Bybelstudie, asook gereelde aandgodsdienste gehou. Kwartaalliks word daar nagmaal by Huis Hermon bedien. Met die hulp van vrywilligers word nagmaal ook in die kamers bedien aan verswakte bejaardes.
By die ander aftreeoorde in ons gebied word gesamentlik byeenkomste volgens behoefte gehou.