Met besoeke by hospitale of tuis, sowel as telefoniese kontak, probeer ons om lidmate tydens siekte tye te ondersteun. Met ons voorbiddingslys betrek ons gemeente lede om met gebede maar ook op praktiese maniere mense wat deur 'n siekte tyd gaan, te ondersteun en die Here se helende genade hande en voete te gee.
Pastorale sorg: Jesus stel vir ons 'n wonderlike voorbeeld van omgee en versorging van mense in nood. Deur persoonlike gesprekke, maar ook deur groepbyeenkomste, probeer ons om die seer in mense se lewens draagliker te maak.
Afsprake vir pastorale gesprekke kan by kerkkantoor gemaak word of die leraars kan in krisisgevalle direk gekontak word.
Kontak ons by