Ons gemeente het ‘n Diensraad wat die Kerkraad bystaan deur praktiese take te verrig. Hierdie take sluit in die opneem van kollekte tydens eredienste, nagmaal bediening, asook algemene hulpverlening tydens eredienste en ander sosiale geleenthede.
Laat weet asb ons kerkkantoor indien jy bereid is om deel van ons Diensraad te wees.