Hierdie bediening is gefokus op jongmense wat reeds uit die skool is. Op die oomblik bestaan die groep uit jong getroude persone, persone wat studeer of wat aan die begin van hulle loopbane staan.
Die doel van hierdie groep is om geestelik saam te groei en bymekaar op 'n menslike vlak te leer maar ook op 'n teologiese vlak mekaar te stimuleer.
As jy sou belangstel om by hierdie groep in te skakel, kontak vir Ds Erick van Breda sodat hy die nodige inligting kan verskaf.