Belydenis van Nicea - “… ons verwag die opstanding van die ontslapenes, …”
Ds Bernie Sneygans
Liturgie
Toetrede Ges 162:1 &3
Votum en seëngroet Kol 3:12: “Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet.
Lofsang Ges 427:1 & 2 (hoewel dit moeilik sing)
Skriflesing Lukas 23:26 - 43
Na Skriflesing Joh 8:47: “Wie ‘n kind van God is, luister na die woorde van God.”
Gebed
Sang:
Prediking
Teksvers Lukas 23:43: “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
Wat is ‘n belydenis van geloof?
- Dit is 'n opsomming van ons geloof.
- Maar ook wat glo ons nie - distansieer ons van sekere dwaalleer.
Kortliks die dwaalleer van Arius - Omdat Christus gebore is - het Christus ‘n ontstaantyd - daarom was daar ‘n tyd toe Christus nie bestaan het nie. Pre-eksistensie van Christus word ontken. Daarom is beweer dat Christus nie gelyk aan God is nie.
Vervolgens kan die liturg 'n kort agtergrond van Konsilie van Nicea (325 n.C.) gee met verwysing na Arius en Konstantyn.
Die hoofsaak van belydenis handel oor die Goddelikheid van Jesus.
Moontlike tekste waarna in dié verband verwys kan word:
Ou Testament
Gen 1:26,27: - Die woord “Ons” verwys na meer as een persoon. Maar wanneer gesê word God het geskep word die woord “God” gebruik wat dui op die eenheid van die meervoudige persone.
Nuwe Testament
Matt 28:19: die opdrag wat Christus gee: “Doop hulle in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.” maak ook die eenheid duidelik.
Joh 1:1 “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.”
Joh 14:9: “En Jesus sê vir hom: ‘Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys my die Vader?’
Joh 10:30 “Ek en die Vader is een.”
Kol 1:15-20
“Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie.
Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.
God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is:
Alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie,
ook die engele om sy troon, en al die geestelike magte.
Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand.
Hy is die hoof van die liggaam - van die kerk.
Hy is die oorsprong daarvan,
Hy is die eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het,
Sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.
God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon
en om deur Hom alles met Homself te versoen.
Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel,
deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.”
Joh 14:2 “In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir plek gereed te maak nie.”
Ongelukkig teen die tyd van die konsilie - 325 n.C. was die Nuwe Testament nog net losstaande dokumente en het dit nog nie kanonieke gesag gehad nie. Nog nie deel van die Bybel nie. Dit sou eers in 382 n.C. en 393 n.C. gebeur. En dit is onduidelik hoe vrylik dit beskikbaar was en of dit hoegenaamd aan Arius beskikbaar of bekend was. Want dit kon waarskynlik in hierdie dispuut ‘n groot rol gespeel het.
Is dit vandag nog relevant - ‘n kwessie?
Volgens sommige is daar is nie meer plek vir 'n toekoms van God wat nie van hierdie wêreld is nie. Daar word verkondig dat alle toekomsverwagtings alleenlik op die mensewêreld gerig kan word. Al die aandag word dan ook op hierdie mensewêreld as die enigste werklikheid gerig en alle gedagtes aan 'n hiernamaals as denkbeeldig afgewys. Die opset van hierdie nuwe teologie is van so 'n aard dat die mens óf geen plek vir 'n eskatologie (toekomsverwagting) het nie óf die eskatologie word so verklaar dat dit 'n verwagting van hierdie wêreld is en uit die mens self voortkom — 'n verwagting waarin elke transendente werklikhede soos hemel, hel ens. nie aanvaar kan word nie.
Die Goddelikheid van Jesus word deur vele ontken. Die mens erken net sy leefwêreld. Sien nie
‘n toekoms met God nie.
Dit is eers wanneer ons die Goddelikheid van Jesus nie bevraagteken nie – dat ons Sy opstanding en Hemelvaart - Sy regering van die kerk onvoorwaardelik kan aanvaar.
Dit is Sy opstanding wat ons opstanding moontlik maak en Sy Hemelvaart wat ons hemelse vaart moontlik maak. Dit sou moeilik wees om in die opstanding te glo indien ons die goddelikheid van Jesus bevraagteken het.
Van Selms meen in die betrokke artikel: “... weer sal kom met heerlikheid om te oordeel die lewende en die dode en dat sy ryk geen einde sal hê nie.”, dat hier oor die einde van hierdie bedeling gespreek word. Die opstanding is dan om die oordeel moontlik te maak.
Oordeel is nie altyd ‘n veroordeling nie. Net soos in ‘n regsproses is dit nie vir almal dieselfde nie.
In Luk 23:43 is die moordenaar aan die kruis se versoek volgens Van Selms eerder ‘n versoek dat wanneer Jesus weer kom om te regeer dat Jesus sorg sal dra vir die moordenaar se beendere volgens die praktyke van daardie tyd. Na ongeveer ‘n jaar van afsterwe. En dan maak Jesus die ruimtelike uitspraak van: ”Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
Met 'n geloofsbelydenis bely ons nie net wat ons glo nie maar ons distansieer onsself ook van ander leerstellings wat strydig is met dit wat ons glo. Meer spesifiek bely ons met hierdie artikel dat op grond van genade alleen, en nie op grond van enige menslike vermoë of doen en late nie, sal die onderskeid/oordeel ons ten goede meeval.
Belydenis: Belydenis van Nicea of selfs Kol 1:15 - 20
Wil van God: Kol 3:1-4
Slotsang: Ges 493: 2 & 6
Seën:
___________________________________________
Bronnelys:
Pont, A. HTS Vol 32, No 1/2 | 1976
Van Selms (1952)
Smith, D.J. (HTS Vol 32 no 1/2 Junie 1976