Of jou kind klein of groot is, jy kan gerus wees dat hulle die beste sorg ontvang. Al ons personeellede is opgelei in basiese noodhulp sowel as babanoodhulp. Hierdie opleiding word jaarliks hersien om te verseker dat hulle voorbereid is om noodgevalle met selfvertroue te hanteer.
Elke klas het 'n opgeleide onderwyser en assistent wat opgelei is om die Amazing Brainz kurrikulum aan te bied.
Lentedag
Gradeplegtigheid
Valentynsdag
Atletiekdag
Konsert
Oupa en Ouma Dag
Ons Perseel
Ons perseel is op die terrein van NG Kerk Harmonie, en bied 'n stil, veilige omgewing vir ons patroontjies om te speel en te leer. Streng toegangbeheer word toegepas
Buitemuurs Aktiwiteite
PLAYBALL
MONKEYNASTIX
RSD RUGBY
MATHSXERCISE
Ons Kurrikulum
AmazingBrainz verskaf ouderdomsgepaste leerprogramme wat breinstimulasie stimuleer. Die leerprogramme is ontwikkel deur 'n multi-dissiplinêre span vir elke ouderdom van 3 maande tot 5 jaar. Die leerprogramme en model van implementering is ontwerp vir elke konteks in Suid-Afrika. Die daaglikse aktiwiteite in die leerprogramme is doelgerig gestruktureer om die vaardigheidskomponente (die boublokke van breinontwikkeling) en mylpale van vroeë-kind ontwikkeling op die regte tydstip en frekwensie te stimuleer.
Die leerprogramme is ook belyn met die riglyne soos beskryf in die amptelike nasionale beleidsdokumente, naamlik die NELDS en ELDAS.
Die nodige opvoedkundige apparaat en materiale, aangepas vir elke ouderdom en konteks, word ook voorsien saam met die Amazing Brainz leerprogram. Opvoeders word ook opgelei om breinontwikkeling en die implementering van die leerprogram te verstaan.