HARMONIE GEMEENTE
Om waarlik lief te hê
SLUIT AAN BY ONS EREDIENS
SONDAE OM 09:00
Kom gerus al om 08:45, ons voorsanggroep Jubilate Deo, sing voor die diens pragtige lofprysingsmusiek.
Kantoorure, Ma-Do 08:00-16:00 | Vry 08:00-13:00Â
Kekewichrylaan 30, Monumenthoogte, Kimberley, 8301Â
JAARFOKUS 2026
DAGBOEK DIE DATUMS
Potte-Proe-Aand
8 Mei 2026
Basaar
25 Julie 2026
Wynveiling
3 September 2026
Kuier-Kuier Kersmark
26-28 November 2026
KINDERBEDIENING
Ons het 'n baba- en peuterkamer vir gesinne met kinders wat nog bietjie woelig is vir die kerkbanke asook die kleuterkerk vir kinders van sowat 2-5 jaar. Daar word vir hulle 'n kort lessie en aktiwiteite aangebied tydens die erediens.
VIr kinders van graad 1-8 word die kategese klasse na afloop van die erediens aangebied. Lesmateriaal word op 'n kreatiwe manier aangebied. Daar is ook kinderkerk tydens die erediens waar ons 'n lessie aanbied, liedjies sing en speletjies speel.
Vir die graad 9-11 groep bied ons die woordskool as deel van hul belydenisreis. Dit vind plaas na afloop van die erediens en word deur die leraar aangebied. Hierdie drie-jaar reis poog om 'n dieper geloofsverhouding in die kinders te vorm.
PATROONTJIES KLEUTERSKOOL
🌈 Speel. Leer. Groei.
Patroontjies Kleuterskool bied ‘n liefdevolle, veilige ruimte waar kinders van 3 maande tot 5 jaar kan speel, leer en groei in 'n veilige en opbouende ruimte. Die kleuterskool is op die perseel van Harmonie Gemeente en is dus 'n veilige ruimte vir jou kleingoed. Ons bied 'n verskeidenheid sorg opsies om alle gesinne te pas.
Kontak ons skoolhoof, Michelle Swanepoel by patroontjies@ngkharmonie.co.za
of besoek ons gerus op Facebook.
🌼 Speel is leer – en by ons is elke dag ‘n nuwe avontuur!
🔹 LEES MEER 🔹