Stilbaai Off-Road Triathlon: 30 April 2022 @ 08:00

Ons wil graag 'n driekamp in Stilbaai probeer, rivier swem, bergfiets en strand draf. Stilbaai het alles, Goukou om in te swem, bergfiets paadjies en die mooiste strand om op te draf! Op Saterdag 30 April wil ons 'n toetslopie doen. Ons nooi alle Stilbaaiers, en vriende en familie saam. Die plan vir 30 April is:

Ontmoet by Lappiesbaai strand, die "race village" vanaf 07:30. Ons ry met voertuie oor die brug na die Weste-kant, by die bruggie oor die Palingstroom naby Versveld straat. Begin 08:00 swem van Palingstroom na die "touchie" strand aan die Oostekant, amper 1000m! Gelukkig met die uitgaande gety! Dan draf ons strand langs na Lappiesbaai strand waar ons fietse wag. Ry 'n 20 km roete uit na Preekstoel, terug deur Preekstoel karavaanpark (moet so bietjie van die pad af) en met Gordonstraat terug na Lappiesbaai, daarna na Pauline Bohnen vir 'n sirkel op die grondpaadjies daar, terug na Lappiesbaai en weer soos die begin Preekstoel en terug. By Lappiesbaai los ons die fietse en draf dan 3km uit, 3 km terug op die Lappiesbaai strand, die mooiste, platste en lekkerste hardlooproete in die wêreld! Boonop op seevlak!

Daar gaan geen roete beamptes (marshalls) wees nie. Wees versigtig en gehoorsaam asb padreëls. Swemmers moet asb helder kleurige swemkepsies dra.

Almal welkom vir die toetslopie. As julle net een been van die driekamp wil doen (swem, fietsry of draf), ook welkom. Ons sal na die tyd saam kuier en praat en besluit hoe groot ons in die toekoms wil gaan.

Ky die die roetes op Strava: 1000m Swem , 20 km Bergfiets en 6 km draf op strand

Kontak my vir meer besonderhede: Nico selfoon 083 264 3071.

Daar is geen inskrywingsfooi. Dit is nie 'n wedren nie, dit is net 'n oefenlopie om roete en aanvraag te toets.