Comments from runners


Kommentaar na 2017:

George Coetzee Best 10 k in the the world👍👍

Baie dankie vir amasing race en e-pos, Nico!

Dit was ons eerste – ons is vir seker volgende jaar terug!!! Do so voort!!!

Baie dankie vir die foto’s en inligting.

Dit bly ‘n hoogtepunt van ons jaarlikse Stilbaai vakansie.

BAIE DANKIE VIR JULLE

Baie dankie vir die skrywe. Dit was my eerste keer, aangesien ek in die Kaap woon en by vriende in Stilbaai gaan kuier het.

Ek het dit baie geniet en Stilbaai is 'n klein paradyssie!!

Dankie vir al jul reëlings met die roete.

Ek wil net laat weet dat ek die Stilbaai 10km op die 31ste Desember SO geniet het: só'n mooi oggend en só 'n briljant-gereëlde resies. Baie dankie vir al julle harde werk!

Kyk na Jani se blog!!

Soos altyd 'n fantastiese wedloop, baie dankie!

Ons het ons gate uit geniet, en wat ‘n lekker oggend! Sien julle hierdie jaar weer!

Hier in die baie warm Polokwane sal ek wat wil gee om nou langs die rivier te draf hoor! Ek en Michelle is baie trots op onsself – dit was ons eerste 10km

Ek, my man, Gerhard, en ons 2ling van 10 jaar oud het die 10km gehardloop en dit was fantasties! Dit was die 2ling se heel eerste 10 km – iets wat ons altyd sal onthou! Baie dankie vir julle reëlings en die puik organisasie!

Ek wil graag vir jou en jou span bedank vir die reel van die wedloop. Dit word nou reeds 'n groot jaarlikse gebeurtenis op Stilbaai en dit is mense soos jy wat die inisiatief neem en moeite doen wat 'n verkil maak.

Dit was my eerste 10km wedloop wat ek gehardloop het en het dit vreeslik baie geniet.

Ons waardeer al jul moeite en insette. Dit was die beste manier om 2011 te kon afsluit.

Dit was 'n baie lekker dag - en 'n blink geleentheid om die oujaar op 'n hoë noot af te sluit.

Baie dankie vir nog 'n onverbeterlike Stilbaai10! Ons het dit soos altyd regtig baie geniet en die weer het mooi saamgespeel. Dankie vir julle moeite en die seepgladde organisasie, ons sien uit na 2012!

Jy word sekerlik oorval met bedankings, maar ook net van my kant af – wel gedaan, dit was ‘n besonderse roete en ervaring en ek het dit baie geniet.

HALLO. DANKIE VIR MAIL. ONS HET DIE WEDLOOP BAIE GENIET DANKIE. NET WAT ONS NODIG GEHAD HET VIR DIE VAKANSIE. IS EK NOU ONNOSEL OF HOE, WANT EK SIEN OP GEEN 1 VAN DIE WEBTUISTES DIE SPESIFIEKE WEDLOOP NIE?

Baie dankie vir al jou moeite en organisering. Die stappers het dit ook geniet.

Thanks vir ‘n great race, het dit baie geniet!! Sal julle einde van die jaar weer sien!

Ons is ou Stilbaaiers en was so bly om weer ‘n lekker sport-‘event’ op Stilbaai te hê. Jare gelede was daar ‘n tipe 2-kamp aangebied wat ook heerlik was. Dit was ‘n hardloop vanaf die kampeerplek op in die rivier, om by die brug en al met die grondpad langs tot weer oorkant die kampplek, dan moes jy deurswem met jou skoene bo jou kop! Daar was mos ook altyd die 10km tussen Stilbaai en Jongens, maar hierdie roete van julle was darem baie meer ‘gebruikers vriendelik’ en ek dink dit het ook aan nuwe besoekers ‘n baie oulike en kompakte ervaring van stilbaai se lekker staproetes gegee. Dit was goed georganiseer en veilig, so selfs ons kinders kon deelgeneem. Deelnemers het maklik die inskrywingsfooi betaal omdat dit ook vir ‘n goeie doel was.

Dankie vir jul moeite en doen so voort – ons sal die jaar vroeër begin oefen!!

Ons wil jou en jou span bedank vir 'n stunning race! Baie goed georganiseer !! Dit is die eerste keer dat ons dit doen en dit is so mooi, wat dit lekker maak as al die verskillende terreine. Ons is al so moeg vir die ou teerpad!! 7 uur wegspring is perfek! Nogmaals dankie, sien julle Desember!!

Well organised race. Beautiful route. Next to the sea for a long time. The first 7 km is on hard surfaces, then 3 km on hiking trails in the dunes. The most scenic 10 km.

And some new comments after the 2016 event:

Dankie, dis elke jaar 'n fees!

Dankie Nico!!!! Was awesome ...

Baie dankie!! Sal weer daar wees. Ek en my hele gesin v 8.

Wonderful day. If I am in the country for the next one you will see me again.

Dankie weereens vir die lekker resies elke jaar! Baie dankie!

Thanks very much! I’m sure the NSRI appreciates it, and so do many of the runners!