HJS-afstandsleer

Over the next two weeks we will be moving over to Google Classroom.

Click here for answers to Frequently Asked Questions.

Google Classroom Codes (2).pdf
Grade 12
Grade 11
Grade 10
Grade 9
Grade 8

Die Boishaai-manne is welkom om vir juf Carina Jansen van Rensburg via e-pos te kontak indien ‘n sessie met haar verlang word. Sy sal ‘n sessie via Zoom met jou reël. Kontakbesonderhede: cjvrensburg@paarlboyshigh.org.za


The Boys’ High boys are welcome to contact Mrs Carina Jansen van Rensburg via email if a session with her is required. She will organise a session via Zoom with you. Her email address: cjvrensburg@paarlboyshigh.org.za

Vind inligting oor ope dae, beurse en tersiêre inrigtings, alles op een plek.

Hierdie video's is met behulp van die Universiteit van Stellenbosch deur onderwysers gemaak.

We have applied for usernames and passwords for all Grade 1012 learners.

You can find your username and password in the remote learning folder.

Find lessons created by our very own Boys' High teachers to help you revise the work from term 1.

All subjects from Grade 8‒ 12 are covered.

Lesse is ook in Afrikaans beskikbaar.

Virtual Assembly

Monday 20 April 2020 at 8:00

Ons wens al ons Boishaai-moeders 'n heerlike Moedersdag toe.

Brief vanaf Kobus Uys, President Oudstudente-Unie

Geagte mnr. Swart, Personeel, Leerders, Oudstudente en breë HJS-familie

Geïnspireer deur die tydgleuf waarin ons tans beweeg, en my onuitblusbare liefde vir my Alma Mater, en elkeen wat die HJS naby aan sy hart dra, rig ek hierdie skrywe aan u, om die verlede, die hede en die toekoms onder die vergrootglas te plaas.

Dit het tyd geraak vir refleksie, analise en beplanning om die alomteenwoordige verantwoordelikhede t.o.v. ons “was”, “ is” en “waarheen ons op pad is”.

Die Griekse filosoof Socrates het baie eeue gelede reeds hierdie waarheid gekonstateer: “The unexamined life is not worth living”.

Vandag wanneer ons lewens op soveel wyses uitmekaar geruk is en steeds word, leef ons beslis in 'n lewe wat opnuut ondersoek moet word. Om dit te doen, lê daar uitdagings voor. Niks gaan vanself kom nie. Niks is meer normaal nie. Wat gister normaal was, is nou nie meer so nie. Abnormaliteit kenmerk alles van die politiek, verby ekonomiese en finansiële aangeleenthede tot bepaald ook sosiale verbintenisse en lewenstyl.

In die lewe is dit so dat die dinge wat verkeerd gaan baie keer die einste dinge is wat tot ander dinge lei wat reg loop en 'n beter en standhoudende toekoms meebring. Die tyd om daarin te glo, is NOU. Daarom bly hierdie lewensriglyn steeds waar:

"Every adversity creates opportunities; be wide awake and avoid being suffocated by the dark clouds of adversity".

Elkeen moet sy stamina gebruik om die onbekende te betree en die teenspoed te konfronteer. Nie later nie — weereens NOU. Wees braaf om die lewe elke dag met kreatiwiteit te leef.

Om kreatief te wees, is om 'n gebied te betree waar niemand anders al voorheen was nie. Dit is nie die voorheen bekende nie. Is daar 'n beter voorbeeld as juis die tydsgewrig waarin ons tans leef en meedoënloos in ingedompel is?

Julle sal onseker voel. Dit sal nie verdwyn nie. Maak werk daarvan. Weet julle dat julle onsekerheid jul vriend kan maak. Om dit te kan doen, het julle 'n keuse: bly voortstrompel in negatiwiteit as 'n slagoffer van omstandighede, of wees 'n aktiewe held van jou eie lewe. Hierdie krisis maak dit nie net brutaal duidelik wat die gevolge is wanneer dit geïgnoreer word nie, maar dit onderstreep die noodsaaklikheid dat 'n toekoms geskep word waarin julle jul fisiese gesondheid en geestelike veerkragtigheid op die voorgrond moet plaas om uiters bewustelik te begin lewe. Moenie toelaat dat vanselfsprekendheid deel van jul woordeskat, lewensuitkyk en verwagtinge word nie. Daarsonder kan julle die toekoms met vertroue en vasberadenheid aanpak.

Ons is almal in die smeltkroes. Om die gewoontes te vestig wat nodig is om julle na 'n beter toekoms te lei, is nie maklik nie. Maar hier is 'n historiese geleentheid vir onbeheerste verbeeldingsvlugte wat nie een van julle kan bekostig om te mis en jul drome in werklikhede te omskep nie.

Die woorde van die groot Amerikaanse filosoof, Bob Dylan, (NOBEL Pryswenner vir Literatuur 2016) wat hy vir sy seun geskryf het, stel goeie waardes en doelstellings vir elkeen van julle. Sy wense is pragtig en tydloos. Hulle is universeel. Hulle is goed en waar. So begin om die woorde van Dylan se “Forever Young” uit te leef en jul eie te maak — vandag en elke dag hierna:

May God bless you and keep you always

May your wishes all come true

May you always do for others

And let others do for you

May you build a ladder to the stars

And climb on every rung

And may you stay forever young

May you grow up to be righteous

May you grow up to be true

May you always know the truth

And see the lights surrounding you

May you always be courageous

Stand upright and be strong

And may you stay forever young

May your hands always be busy

May your feet always be swift

May you have a strong foundation

When the winds of changes shift

May your heart always be joyful

May your song always be sung

And may you stay forever young

Wanneer die dae van moedeloosheid jul beetpak en wil bemeester, en dit sal, moet dit nie vertroetel of toelaat nie. Gaan eerder en beaam wat opgesluit staan in Habakuk 3 verse 17-19:

Al sou die vyeboom nie bot nie

en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie,

al sou die olyfoes misluk

en die lande geen oes lewer nie,

al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie

en die beeskrale sonder beeste wees,

nogtans sal ek in die Here jubel,

sal ek juig in God, my Redder.

Die Here my God gee vir my krag.

Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok,

op hoë plekke laat Hy my veilig loop.

Die tyd om julself te bewys het gouer aangebreek as wat julle almal gedink of gehoop het. Gryp alles aan en weldra breek 'n nuwe môre vir julle aan en dan is julle deel daarvan en van 'n opwindende toekoms wat voorlê.

Brief vanaf Kobus Uys

President Oudstudente-Unie

Hierdie is die laaste week waar week op HJS_Lockdown geplaas sal word. Voortaan sal alle werk deur Google Classroom gaan.

Don't limit your challenges,

challenge your limits!