Vandag dink ons oor wat VERLOSSING beteken.
Maar, om oor verlossing te dink is dit ook nodig om oor SONDE te dink. Hierdie twee idees gaan saam met mekaar.
So, wat dink jy, is sonde?
Gebruik jou whatsapp notaboek om jou gedagtes daaroor te skryf en vir jouself te bêre.
Hoe ervaar jy sonde in jou lewe? Jy kan skryf, of 'n foto in jou whatsapp notaboek post, of 'n voicenote maak, of 'n "image" gaan Google en dit dan post. Probeer vir jouself uitdruk hoe jy dit verstaan in jou lewe.
As jy wil, kan jy ook van hierdie "mind map" widget gebruik maak om vir jou 'n mind map te maak van hoe sonde met ander woorde en gevolge verband hou. Kliek op die link hier onder. In die widget gebruik jy die + teken om jou eie thought bubbles by te voeg. As jy klaar is kan jy dit vir jouself aflaai en in jou whatsapp notaboek bêre.
Kliek gou op die link hier onder en antwoord die twee vragies