Verskillende tipe verhoudinge

Wat sê God?

En nou bly geloof, hoop, liefde - hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

1 Korinthiërs 13:13

Hello Julle!!!

Baie welkom by hierdie Sondag se Hoërskool aanlynbyeenkoms! Vandag gaan ons bietjie meer leer oor verskillende verhoudings wat ons met mense kan hê deur te kyk na die verskillende tipe verhoudinge wat mense in die Bybel met mekaar gehad het.

Kyk oom Wolla se 3 min video, lees dan rustig deur die volgende 25 skyfies en kyk daarna die 15 minute video oor die belangrikste gebod "Wees lief vir mekaar".


Nadat jy deur die skyfies gelees het en die video gekyk het, vra jouself die volgende vrae en bespreek dit met familie en vriende:

  • Met wie in jou lewe het jy 'n gesonde verhouding? Hoe weet jy dit is gesond?

  • Wat leer die Bybel jou oor hoe om gesonde/goeie verhoudings te beskerm?


  • Met wie in jou lewe het jy dalk 'n ongesonde/slegte verhouding?

  • Wat het jy vandag geleer oor hoe om slegte verhoudinge te ontkloop?


  • Hoe kan jy elke dag soos Jesus lief hê?

Wolla.mp4
Verskillende verhoudings - Liefde

Geseënde Sondag vir julle verder!

En onthou, wees lief vir mekaar!!!