Ons praat hierdie week verder oor die liefde 😍😍
Verlede week het ons gesien dat daar verskillende tipes liefde is. Die verskillende liefdes gaan ook saam met die verskillende tipes VERHOUDINGS waarin 'n mens is. Hier's 'n paar belangrikes:
Tussen 'n man en 'n meisie
Verhouding met vriende
Tussen ouers en kinders
👉👉👉 maar die belangrikste om te onthou is dat die liefde wat God vir ons gee deur al hierdie liefdesverhoudings van ons trek soos suurdeeg, en dit dieper en mooier maak.
NOU:
Soos wat daar verskillende tipes liefdes is, so is daar ook verskillende tipes liefdesteleurstellings. Maar hulle almal maak seer.
Het jy al 'n liefdesteleurstelling beleef? (onthou, dit hoef nie net romantiese liefde te wees nie; dink ook aan vriendskapsliefde en omgee liefde.)
Dink terug aan hoe jy gevoel het. Probeer die verskilende gevoelens opnoem (probeer om nie net te sê "sleg" nie)
Wat dink jy het hierdie liefdesteleurstelling veroorsaak?
Kan 'n mens 'n liefdesteleurstelling met God beleef?
Hoe gaan 'n mens deur 'n liefdesteleurstelling as God se gee-liefde ook daarin is, en daardeur waai?
Nadat jy bietjie oor hierdie vrae gedink het, kliek op die skakel hieronder en kyk die video.