Welkom by Wapadrant se Hoerskool Jeugbediening 2021! 🎉🎉🎉🎉🎉Hoop julle het lekker vakansie gehou en is reg vir n nuwe jaar! Ongelukkig kan ons nog nie mekaar in persoon by die kerk sien nie😢... Hopelik is dit binnekort alles verby!
➡️Wat beteken dit vir jou as iemand vir jou se hulle is lief is vir jou?
➡️Vir wie is jy lief?
➡️Hoekom is jy vir hulle lief?
Toe Jesus op aarde was het hy ons kom leer oor hoe belangrik dit is om lief te wees vir mekaar/ander... Selfs ons vyande... Mense wat nie altyd reg optree teenoor ons nie! 💔
Dit is makliker gese as gedoen ne? 🙄😪 Soooo... Hoe? Hoe kan ons dit regkry om lief te wees vir ander? 🤔 Deur Jesus se voorbeeld te volg... Onthou God is liefde! Onthou ook dat daar verskillende tipe liefdes is.
➡️Kliek op hierdie skakel en lees en bietjie saam jou ouers/vriende oor 5 verskillende tipe liefdes en wat dit beteken as ons se "God is liefde". ❤️ Kan jy aan nog verskillende tipe liefdes dink? https://www.bybelwoord.net/wat-beteken-god-liefde-is/
🗣️ Gesels met jou ouers/vriende oor die tipe liefde wat julle vir mekaar het.
➡️ Kliek nou op hierdie skakel en beantwoord die twee vragies oor liefde. ♥️ 📳https://www.menti.com/qk4x72msfr
Van al die wette is "wees lief vir mekaar" die belangrikste! En onthou: mense se liefde kan mens soms in die steek laat. Maar God is liefde en God is baie lief vir jou... Hy sal jou nooit in die steek last nie! ♥️♥️♥️♥️♥️♥️♥️♥️♥️♥️♥️♥️♥️♥️♥️
➡️Kyk nou hierdie mooi video oor liefde! Sing sommer saam!
🙏Gebed: Jesus dankie dat U vir ons aan die kruis gesterf het vir ons Sondes. Dankie dat U ons so lief het. Here help ons om net soos U lief is vir ons, lief te wees vir ander mense. Help ons asb. om elke dag U liefde aan ander uit te straal. Amen.
Geseende Sondag! ❤️💚💛🧡💙💜🙏