Resultant van vektore
• Definieer 'n resultant as die vektorsom van twee of meer vektore, d.i. 'n enkele vektor wat
dieselfde effek het as twee of meer vektore tesame.
• Bepaal die resultant van vektore (maksimum vier) op 'n Cartesiese vlak deur die
komponentmetode te gebruik, d.i. bepaal die vertikale en horisontale komponente van
elke vektor en tel dan kollineêre vertikale komponente en kollineêre horisontale
komponente bymekaar om die resultant vertikale vektor (Ry) en die resultant horisontale
vektor (Rx) te verkry.
• Skets die resultant vertikale vektor (Ry) en die resultant horisontale vektor (Rx) op 'n
Cartesiese vlak.
• Bereken die grootte van die resultant met gebruik van Pythagoras se stelling.
• Bepaal die rigting van die resultant met gebruik van eenvoudige trigonometriese
verhoudings.
• Bepaal die resultant (R) van twee vektore grafies deur of die stert-by-kopmetode of die
stert-by-stertmetode (parallelogrammetode) sowel as deur berekening (komponent-
metode) vir 'n maksimum van vier vektore in beide 1-dimensie en 2-dimensies te gebruik.
• Verduidelik die betekenis van 'n geslote vektordiagram.
Ontbinding van 'n vektor in sy horisontale en vertikale komponente
• Gebruik Rx = Rcosθ vir die resultant x-komponent as θ die hoek is tussen R en die x-as.
• Gebruik Ry = Rsinθ vir die resultant y-komponent as θ die hoek is tussen R en die x-as.