Newton se Universele Gravitasiewet
• Stel Newton se universele gravitasiewet: Elke deeltjie in die heelal trek elke ander deeltjie aan met 'n gravitasiekrag wat direk eweredig is aan die produk van hulle massas en omgekeerd eweredig is aan die kwadraat van die afstand tussen hulle middelpunte.
• Los probleme op
• Bereken versnelling as gevolg van gravitasie op die Aarde
• Beskryf gewig as die gravitasiekrag, in newton (N), wat die Aarde op 'n voorwerp uitoefen. Beskryf massa as die hoeveelheid materie in 'n liggaam gemeet in kilogram (kg).
• Bereken gewig deur die uitdrukking w = mg te gebruik.
• Bereken die gewig van 'n voorwerp op ander planete met verskillende waardes vir gravitasieversnelling.
• Verduidelik gewigloosheid as die sensasie ervaar wanneer alle kontakkragte verwyder word, d.i. geen eksterne voorwerpe raak aan 'n mens se liggaam nie. Byvoorbeeld, wanneer in vryval, is die enigste krag op jou liggaam die gravitasiekrag wat 'n nie-kontakkrag is. Aangesien die gravitasiekrag nie sonder enige ander teenkrag gevoel kan word nie, sal jy geen sensasie daarvan hê nie en sal jy gewigloos voel wanneer jy in
vryval is.