Intermolekulêre kragte en interatomiese kragte (chemiese bindings)
Noem en verduidelik die verskillende intermolekulêre kragte (Van der Waals-kragte):
(i) Wedersyds geïnduseerde dipoolkragte of Londonkragte: Kragte tussen nie-polêre molekule
(ii) Dipool-dipool-kragte: Kragte tussen twee polêre molekule
(iii) Dipool-geïnduseerde dipoolkragte: Kragte tussen polêre en nie-polêre molekule
(iv) Waterstofbindings: Kragte tussen molekule waarin waterstof kovalent gebind is aan stikstof, suurstof of fluoor – 'n spesiale geval van dipool-dipool-kragte
(v) Ioon-dipoolkragte: Kragte tussen ione en polêre molekule
Beskryf die verskil tussen intermolekulêre kragte en interatomiese kragte
(intramolekulêre kragte), deur 'n diagram van 'n groep klein molekule te gebruik, en in woorde.
Voorbeeld:
Noem die verwantskap tussen intermolekulêre kragte en molekulêre massa.
Vir nie-polêre molekule neem die sterkte van geïnduseerde dipoolkragte toe met molekulêre massa.
Verduidelik die invloed van intermolekulêre kragte op kookpunt, smeltpunt, dampdruk en
oplosbaarheid.
Kookpunt: Die temperatuur waarby die dampdruk van 'n stof gelyk is aan atmosferiese druk. Hoe sterker die intermolekulêre kragte, hoe hoër die kookpunt.
Smeltpunt: Die temperatuur waarby die vaste- en vloeistoffases van 'n stof in ewewig is.
Hoe sterker die intermolekulêre kragte, hoe hoër die smeltpunt.
Dampdruk: Die druk uitgeoefen deur 'n damp in ewewig met sy vloeistof in 'n geslote sisteem. Hoe sterker die intermolekulêre kragte, hoe laer die dampdruk.
Oplosbaarheid: Die eienskap van 'n chemiese stof in die vaste fase, vloeistoffase of gasfase (opgeloste stof) om in 'n oplosmiddel in die vaste fase, vloeistoffase of gasfase op te los om 'n homogene oplossing te vorm.