Kragtediagramme, vrye kragtediagramme
• Teken kragtediagramme. In 'n kragtediagram word die krag deur 'n pyl voorgestel. Die
rigting van die pyl dui die rigting van die krag aan en die lengte van die pyl dui die grootte
van die krag aan.
• Teken vrye kragtediagramme. So 'n diagram dui die relatiewe groottes en rigtings aan
van die kragte wat op 'n voorwerp inwerk wat van sy omgewing geïsoleer is. Die
voorwerp word as 'n kol geteken en al die kragte wat daarop inwerk word as pyle
geteken wat weg van die kol wys. Die lengte van die pyle is eweredig aan die grootte van
die onderskeie kragte.
• Ontbind 'n tweedimensionele krag, bv. gewig van 'n voorwerp op 'n skuinsvlak, in sy
parallelle (F//) en loodregte ( F⊥ ) komponente.
• Bepaal die resulterende/netto krag van twee of meer kragte.