Inhoud van dié bladsy / Contents of this page
Die Agulhas Erfenis-vereniging is gestig op Vryheidsdag, die 27 April 2019. Ons herdenk en vier ons herkoms, kultuur en erfenis in 'n inklusiewe organisasie wat bewaring nastreef vir ons nageslag en die bewaring van ons Suidpunt dorpe met hulle spesiale status as 'n Unesco wêreld erfenisgebied by die mees suidelikste punt van Afrika.
Heritage Western Cape registration: Agulhas Heritage applied to be registered as a conservation body in terms of Section 25(1)(B) of the National Heritage Resources Act (Act 25 of 1999) in July 2019. It was approved by the HWC Council meeting on February 28, 2020, registration number: HM/CB/28-02-2020/06. One requirement the HWC Council requested was the geographical boundaries within which the Society is going to operate. The Agulhas’ map was designed by member Esna Swart.
Die bewaring van die unieke landskap, die natuur-, argeologiese-, seevaart-, argitektoniese- en kultuurerfenis van die mees suidelike punt van die Afrika-vasteland, ʹn Wêreld-erfenisgebied.
Die versameling, bewaring en uitstal van inligting, foto’s, films, boeke, dokumente en volksverhale wat beskikbaar sal wees vir lede en die publiek in die algemeen.
Die lewering van ʼn inligtings- en professionele navorsingsdiens aan lede, besoekers, die plaaslike regering en die Weskaap/Nasionale bewaringsagentskappe.
Die steun en bevordering van volhoubare ontwikkeling, binne die raamwerk van die nasionale erfenis-wet, wat nie die unieke landskap, natuur- en kultuur-erfenis van die Suidpunt sal benadeel nie, met ander woorde, om die plekgevoel van die mees suidelike punt van Afrika te bewaar.
to preserve the unique landscape, natural, archaeological, seafaring, architectural and cultural heritage of the Southernmost Tip of the African continent, a World Heritage Site.
to collect, preserve and exhibit information, photographs, films, books, documents and folklore which will be available to members and the public in general.
to provide an information- and professional research service to members, the public, the local government and Western Cape/National conservation entities.
to support and promote sustainable development, within the framework of the national heritage act, which will not harm the unique landscape, the natural and cultural heritage of the Southern Tip, in other words, to preserve the unique sense of place of the Southernmost Tip of Africa.