"Aanlyn" / Online
Betaal u lidmaatskapfooi elektronies oor / EFT the membership fees
Vul die aansoekvorm hieronder aanlyn in en heg die bewys van betaling aan die vorm / Fill in the application form and submit your Proof of Payment with it
Alternatiewelik / Alternatively:
You can contact the secretariat at admin@agulhaserfenis.org.za and request a membership form to be sent to you. You will need to go ahead with your application.
U kan 'n e-pos na die sekretariaat by admin@agulhaserfenis.org.za stuur 'n Aansoek om lidmaatskap vorm aanvra. U sal dan verdere reëlings moet tref om die aansoekproses te voltooi.
Gewone lede / R 120 / Ordinary members
Bejaardes en ander (kontak vir sekretariaat vir afslag) / The elderly and other (contact the secretary for the discount)
Korporatiewe lede (privaat sektor, erfenisorganisasies ensovoorts): / R200 / Corporate members (private sector, heritage organisations etc)
To EFT the funds, please use the following:
Bank: Standard
Rekeninghouer / Account name: Agulhas Erfenis
Rekeningnommer / Account number: 10231155946
Tak / Branch: Tyger Manor: 050410
Gebruik u naam as verwysing / Use your name as a reference
AEV POPIA BELEID
Inligting oor die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting:
Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Protection of Personal Information Act, 2013 (Act 4 of 2013)) bepaal dat instansies soos die Die Agulhas Erfenis-vereniging (AEV) van 1 Julie 2021 moet voldoen aan die bepalings vir die veilige bewaring van persoonlike inligting. Lede is daarop geregtig om ingelig te word oor welke persoonlike inligting die ons hou en hoe ons daarmee omgaan. Die AEV wil ons lede verseker dat u persoonlike inligting veilig en volgens die vereistes van die wet te bewaar word.
Die persoonlike inligting wat die AEV tans hou, is dit wat verkry is uit lidmaatskap-vorms en publikasie bydraes:
• adres(se) (e-posadres en fisiese woonadres)
• telefoonnommer(s) (selfoon / landlyn)
• bankbesonderhede (wanneer verskaf vir oorbetalings vir gemagtigde uitgawes)
• visuele data (foto’s)
Berging en bewaring van persoonlike inligting:
Persoonlike inligting word elektronies in by die Sekretariaat op rekenaar en/of op Google Drive gestoor en/of in hardekopie in lêerkabinette waartoe komiteelede toegang het vir die uitvoer van hulle portefeuljes.
Lede se regte: Toegang tot inligting
• Die reg om ʼn afskrif te versoek van die persoonlike inligting wat die AEV oor ʼn lid hou.
• Die reg om die AEV te versoek om ʼn lid se persoonlike inligting by te werk, te korrigeer of skrap.
Tree asseblief in verbinding met die Agulhas Erfenis vereniging om toegang tot persoonlike inligting te kry en te korrigeer.
Kontak agulhasheritage@gmail.com