Contents of this page / Inhoudsopgawe van die bladsy:
The tortoise regularly seen on the Cape Agulhas roads is the Rooipens, Angulate Tortoise, Chersina angulata and an endemic species to the Southernmost Tip of Africa. The Angulate was identified in 1831 and known from a single living species. They are unique among African tortoises in having an undivided gular at the front of the plastron, which led to the Afrikaans name Ploegskaarskilpad.
Breeding: The female lays within three days after rainfall a single hard-shelled egg, seldom two. Incubation takes 90 to 200 days. In dry periods, eggs may be retained for up to 212 days before being laid. Females prepare a new egg for development immediately after nesting and may lay an egg up to six times a year. This behaviour might be interplay between predation and reproductive behaviour. High nest predation causes females to have a protracted breeding season.
Colour: The abdominals are light orange to red, varying seasonally, and possibly linked to a diet rich in carotene; hence the Afrikaans name Rooipensskilpad.
Natural predators are mongoose, jackal, baboons and predatory birds (such as crows) which attack the hatchlings. But, a man-induced threat is "road kill" - many tortoises are killed by speeding vehicles on roads. Motorists should be aware of tortoises crossing the roads; they are especially visible before rainy weather.
Skilpadbessie, Nylandtia spinosa
The pink to purple flowers produce red fleshy fruit during summer are widely eaten by tortoises
(SOURCE: BRANCH, B. 2008. Tortoises, terrapins and turtles of Africa. Cape Town: Struik.)
Die Bontebok word beskou as waarskynlik die mees rare wildsboksoort in suidelike Afrika. Hierdie wildsbok se naam is ook baie beskrywend n.a.v. sy bruin, swart en wit kleure. Die Bontebok is inheems aan die Overberg en het nêrens anders ooit as tussen Mosselbaai en Botrivier, die see en die Langeberge/Riviersonderendberg voorgekom nie.
Met die stigting van die Kaapse Verversingspos in 1652 was Bontebokke volop. Die getalle het egter geleidelik begin verminder tot amper uitgesterf aan die einde van die 19de eeu soos hulle gejag is vir hul lekker vleis en soos hul tradisionele weidingsgebiede deur veeboere ingeneem is. Hulle is nou as kwesbaar op die Endangered Species Rooidatalys gelys.
Ten spyte van streng wetgewing, was daar teen 1837 slegs klein troppe oor. In dieselfde jaar het Alexander Van der Byl op sy plaas, Nachtwacht,‘n kamp omhein om ‘n trop van 26 Blesbokke te beskerm. ‘n Gedeelte van die heining en ‘n memorial plaak is langs die pad tussen Bredasdorp en Arniston te sien. Die trop het vermeerder en kon van die bokke op naburige plase uitgeplaas word, maar die getalle het laag gebly.
In 1927 was daar slegs 77 Bontebokke op 3 Bredasdorpplase oor en 44 op Swellendamplase. Die Regering het besluit om die plaas Quarriebos suid van Bredasdorp aan te koop en in 1931 is die Nasionale Bontebok Park gestig. Ongelukkig het die spesifieke area ongeskik blyk te wees vir Bontebokke a.g.v. ‘n tekort aan sekere minerale in die grond en ook parasiete in die vleigebiede wat negatief op die bokke se voortplanting ingewerk het. In 1960 is besluit om die park na ‘n gebied by Swellendam te verskuif waar die Bontebokke baie goed aard en is die Bontebok Nasionale Park gestig.
In 1789 het Kolonel Robert Jacob Gordon, die bevelvoerder van die Kaapse Garnisoen, 6 Spaanse skape vanaf Holland ingevoer. Hierdie opreg geteelde Spaanse merino’s was ‘n geskenk van die Spaanse koning aan die Nederlandse regering. Gordon het met ‘n merinoskaaptelery op Groenekloof naby Darling begin, maar het na die Britse inval in 1795 selfmoord gepleeg. Sy vrou het die skape op ‘n veiling gesit waar die Van Reenenbroers 3 Groenekloof-ramme gekoop het. Voor 1795 het skaapboerdery tradisioneel oor vleis gegaan en het die merinoskape geen aandag getrek nie. Die Van Reenenbroers was egter hul tyd ver vooruit as landbouers en het die moontlikhede van wolboerdery raakgesien.
Hulle het die drie merinoramme by 300 uitgesoekte Kaapse skaapooie op hul Swartlandplase geplaas. Dit het 5 kruisings geneem om die gehalte wol waarna hulle gesoek het, te produseer. Die wolskaap, die Vaderlandskaap genoem om dit van die Kaapse skaap te onderskei, het twee verdere voordele gehad. Dit het meer vleis gehad en was minder geneig tot siektes.
Anthonie Faure, die landdros van Swellendam, was die eerste pionierboer in die Overberg wat van die Vaderlandskape aangeskaf het. Tydens die Bataafse regering aan die Kaap onder Generaal Janssens is die Veeteelt Commissie aangestel om boere aan te moedig om met die woldraende Vaderlandskaap te begin boer. Vroeg in die 1810’s koop J. F. Reitz 4675 hektaar (5 500 morg) langs die Zoetendals Valleimeer waar met ‘n trop van 1200 merinos begin boer is. Die natuurlike weiding van die Strandveld het baie met dié in Spanje ooreengestem, en juis daarom het die kuddes merinoskape hier beter aangeteel en geaard.
J.F. Reitz was ‘n skoonseun van D.G. Van Reenen, bekend met Landdros Faure se eksperimente met die merinowolskaap en in vennootskap met sy swaer Michiel Van Breda. Dit was die begin van die baie suksesvolle skaapwolboerdery op die plaas Zoetendals Vallei wat verder uitgebrei en ontwikkel is deur die Van Bredafamilie.