Agulhas Erfenis-vereniging
Agulhas Heritage Society
Without care our heritage will disappear
Sonder aksie sal ons erfenis verdwyn
Nobody made a greater mistake than he who did nothing
because he could only do a little (Edmund Burke)
Without care our heritage will disappear
Sonder aksie sal ons erfenis verdwyn
Nobody made a greater mistake than he who did nothing
because he could only do a little (Edmund Burke)
The Act
The National Heritage Resources Act aims to enable and encourage communities to nurture and conserve their legacy. The preamble to the Act states that heritage is unique and cannot be renewed. (NHRA 1995: 25)
Die doel van die webblad / The aim of the website
Die doel van die webblad is om inligting oor die area se natuurlike en kulturele erfenis te verskaf én die inligting te bewaar
The aim of this website is to inform about the natural and cultural heritage of this locality and to preserve this information
The Agulhas Heritage Society (AHS) is a national heritage information and educational resource. Our policy is to make the information on our site available to as many people as possible. There are various types of information on our site so please read the terms and conditions below before reproducing any material found on this site.
Use of AHS material
We have three types of information on our site: articles and images produced or owned by the AHS, work in the public domain, e.g. out-of-print books, informally published, books/articles and articles/archives and images we deem to belong in the public domain and Externally created articles/theses/images that the AHS has gained permission to use.
1. Articles and images produced or owned by the AHS
The user may reproduce/make use of this material so long as the AHS is credited as the source of the information any duly notified. Please credit us as follows: 'article name AHS, http://........?
2. Public Domain
The user may reproduce/make use of this material with the understanding that the AHS are not responsible for the correctness, any endorsement or authorization and/or any legal action that may arise in using this information. The AHS is not responsible for making any decisions regarding public domain status of any material on the site. The AHS will assist users in cases of uncertainty.
3. External Sources
Please note that these externally created articles/theses/images on the AHS site are protected by South African copyright law and may not be reproduced, distributed, transmitted, displayed, or otherwise published in any format, without the prior written permission of the copyright owner. We will always endeavour to supply owner details and also try to obtain permission for use from these owners. These permissions will be clearly indicated. In some cases we may not be able to trace the copyright's owners. We have included this material on this site and, but invite anyone who can assist us with contact details to obtain formal permission.
Linking
Links to the AHS site are welcome. However we would appreciate it if you would advise our web editor of such links, so that we can inform you if locations change or if references are incorrect. Permission for republication of material from this website elsewhere on the web will not generally be granted. We prefer that you provide direct hyperlinks to the material on our site.
Hyperlinks from the AHS to other websites are for the convenience of users and do not constitute any endorsement or authorisation by the AHS. The AHS is not responsible for the contents or reliability of the linked websites and does not necessarily endorse the views expressed within them. We cannot guarantee that these links will work all of the time and we have no control over availability of the linked pages.
Inhoud van dié bladsy / Contents of this page
Ons basis / Our base: Die HEEMHUIS
'n Eenvoudige begin in Desember 2022 ..
A Humble beginning in December 2022..
Die Agulhas Heemhuis is in Jim van Drutensingel in L’Agulhas geleë. Dit is op 1 Desember 2022 geopen en dien as die tuiste van die Erfenis-vereniging met ‘n biblioteek/argief waar materiaal van biografiese, geestelike en materiële aard met betrekking tot die Suidpunt dorpe en die Strandveld/Agulhas Vlakte (dokumente, boeke, manuskripte, tesisse, foto’s, koerante) georden, verwerk en bewaar word. Die versameling en inligting is beskikbaar vir navorsing, naslaanwerk en sommer net lees. Lede word gereeld genooi om gebruik te maak van hierdie fasiliteit en om te help met die insameling van inligting. Die inligting oor enige aspek wat die Suidpunt aanbetref, natuur en Kultuur/geskiedenis is ook aan besoekers en plaaslike inwoners, beskikbaar. Elke maand word uitstallings oor ‘n spesifieke tema vir ‘n week lank hier aangebied.
Die ou Germaanse of Oudnederlandse woord heem het twee betekenisse, naamlik woon, huis of hoewe en woonplek, woongebied, dorp of buurt. Dit is verwant aan die Proto-Germaanse woord haima wat ook woning beteken. Heem is verwant aan die Engelse home en die Duitse heim. In Afrikaans kom die woord ook voor in heemraad, inheems, en uitheems. ’n Heemhuis, Heemkring hou hom dus besig met die kultuurdinge van ’n bepaalde heem dorp/plek/woonplek).
Die Agulhas Heemhuis hou hom dus besig met die kultuur- en natuurdinge van die Suidpunt.
Hotagterklip, Radar Station, NG Kerksaal, Shell Museum
Suidelikste Punt van Afrika / Southernmost Point of Africa, Hotagterklip etc / ens
Meisho Maru: The only visible shipwreck / Die enigste sigbare skeepswrak
Witkruisvleivalk / Black Harrier, Klein Rooibandsuikerbekkie, ens / Southern Double-collard Sunbird etc
Aanbiedings en aktiwiteite word volgens die kultuur- en omgewingskalender gereël en aangebied. Sien ook ons Facebookblad (Agulhas Heritage) vir kennisgewings.
Die basaar is ‘n kulturele aktiwiteit gerig op die gemeenskap en word maandeliks aangebied. Dit het in 2021 as die Suidpunt Stalletjies begin, in 2022 die Suidpunt Basaar en Stalletjies en toe in 2023 as die Suidpunt Basaar en heet nou Erfenis Basaar.
Besprekings van uiteenlopende aard word van tyd tot tyd in die "Praatsaaltjie" van die Heemhuis aangebied
Suidpuntdag, 16 Mei, is in 2009 deur Agulhas Nasionale Park geïdentifiseer as ‘ dag om die geskiedenis van die Suidste Punt van Afrika en die terugvaart van Bartolomeu Dias in 1488 toe hy op sy terugreis op 16 Mei die suidste landmassa vir die eerste keer gesien het (hy het die landmassa na St Brendan wie se feesdag dit was, Ponte de Sao Brendao vernoem) te gedenk, asook die lewens van skipbreukelinge wat hulle langs die Kaap Agulhas-kus verloor het. Oor tyd is verskillende aktiwiteite aangebied. Die Agulhas Erfenis-vereniging het die program in 2022 oorgeneem en voortgegaan met die aanbieding van die ete en ‘n praatjie. In 2023 ons bevoorreg om Dr Dan Sleigh te nooi om ‘n aanbieding oor sy laaste boek Retoervloot te kom lewer. Hy is in Augustus 2023 oorlede.
Verskillende aktiwiteite en aanbiedinge rondom die see, plantegroei, voëls, kos, kuns, kustuine, word in dié maand aangebied.
Soutbosch is ‘n historiese Strandveld werf geleë aan die Elim-pad in die Agulhas Nasionale Park. Aktiwiteite op die opedae waaraan besoekers kan deelneem is stap, roei, voëlskyk, fietsry, verf en teken, piekniek of net op die stoep sit en die omgewing ervaar.
Agulhas Erfenis-vereniging en Nuusbrief Die Erfenis-vereniging is op 27 April 2019 gestig. In April 2024 het die Vereniging sy vyf jaar van bestaan tydens die Jaarvergadering op 27 April 2024 gevier. Die eerste Nuusbrief is in Augustus 2019 saamgestel en aan lede uitgestuur. Sedertdien is oor die vyf jaar 66 uitgawes tot en met Januarie 2026 uitgestuur. Al die uitgawes is beskikbaar.
Die Agulhas Erfenis Joernaal word onder die redakteurskap van Dr Nico Walters saamgestel en geredigeer.
Die eerste uitgawe is in April 2021 uitgegee en sewe uitgawes het tot en met April 2024 verskyn. 'n Verskeidenheid artikels, relevant tot die Overberg, is al opgeneem, byvoorbeeld in April 2021 het die volgende artikels verskyn: Overberg history: ours to enjoy and preserve (Jimmy Herbert), Die SS Kadie in Struisbaai: ʼn skip van formaat (Nico Walters), The story of the Glori-May from Kalk Bay to Buffeljagsbaai and Struisbaai (Gloriana Orgill-Cloete and Nico Walters), Duikbote langs die Kaap Agulhas kus: kontreistories (Chris Colyn, Keith Woolf en Piet van As), Cape Agulhas: one of the seven extreme geographic points in Africa (Nico Walters and Emmerentia de Kock).
Die Joernale word by funksies uitgestal en te koop aangebied. Dit is ook permanent by die Agulhas Heemhuis te sien.
Om 'n kopie (teen R100) te kry, kontak asb vir Emmerentia de Kock by emma.dekock@agulhaserfenis.org.za
A titbit of the booklet: / 'n Bietjie van die boekie:
Het u geweet dat elke klip rondom die Suidpumt Baken geskenk is? In hierdie boekie kry u hierdie inligting en veel meer!.
Gebruik die adres hieronder om dié boekies te bestel / Use the address below to order these three booklets:
Die verhaal van die Suidpunt Baken (R50)
Agulhas Coastal Gardening (R80)
Fynbos Skattejag (R50)
Kontak / Contact Emmerentia de Kock: emma.dekock@agulhaserfenis.org.za
L'Agulhas is home to the second oldest lighthouse in South Africa built in 1848, the light lit on March 1, 1849 and declared a national monument in 1973.
The Cape Agulhas Lighthouse's design is based on the design of the Pharos of the ancient world in Egypt
Seashell House and Museum
8 Golf St, L’Agulhas, entry free, 15:30 – 18:00, open daily
Secretary birds : a now endangered species / Sekretarisvoëls - nou bedreigde spesie
We work together with: / Ons werk nou saam met: