As jy verkies om eerder die vorm in te vul en vir ons aan te stuur, kan jy gerus die aflaai deur op die knoppie onderaan te klik. Vul dit gerus in en stuur dit na: kantoor@ngnahoon.co.za. Dit kan saam met die bewys van betaling deurgestuur word.
Die koste van die kamp is R950 per kind. Jy kan die koste op een van twee wyses betaal:
vra vir ma of pa om 'n Internetbetaling te maak; en
maak 'n betaling deur die skakel.
Dit is baie belangrik dat jy die VERWYSING reg kry. Dui as verwysing asseblief JOU NAAM EN VAN SONDER SPASIES (die kind se naam en van) op die betaling aan.
Internetbetaling
Maak 'n internetbetaling na die volgende rekening. Die besonderhede is as volg:
Rekeningnaam: NG Nahoon
Rekening nommer: 7005 80059
Tipe rekening: Lopende rekening
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Verwysing: Naam+van+skoolverw (Die kind se besonderhede), byvoorbeeld: jsmutsskoolverw.
Stuur die bewys van betaling saam met die getekende uitdruk van die registrasievorm na: kantoor@ngnahoon.co.za.
Yoco-betaling
Maak 'n betaling per debiet- of kredietkaart by hierdie skakel: https://pay.yoco.com/ng-nahoon.Â
Sit in die "Reference"-veld jou kind se naam en van plus die sleutelwoord 'skoolverw' in, byvoorbeeld: jsmutsskoolverw.
Stuur die getekende afskrif van die registrasievorm na: kantoor@ngnahoon.co.za en dui duidelik aan dat die betaling per Yoco-betaling gemaak is aan, saam met die tyd wat die betaling gemaak is.