Elkeen van ons onthou daardie kerkkamp waar ons ons voete en ons ons geloof in Jesus gevind het. Die herinneringe wat mens by so 'n kamp maak, is van onskatbare waarde. Ons wil graag sien dat soveel as moontlik Graad 7's die kans kry om hierdie kamp by te woon.
As jy graag 'n kind wil borg, kan jy dit doen deur 'n betaling vir ons te maak en dit asseblief duidelik te merk as "BORG_skoolverw".
Ons wil by voorbaat vir jou baie dankie vir jou offerbereidheid sê.
Die koste van die kamp is R950 per kind. Jy kan die koste op een van twee wyses betaal:
deur 'n Internetbetaling te maak; en
'n betaling deur die betalingskakel te maak.
Dit is baie belangrik dat jy die VERWYSING reg kry. Dui as verwysing asseblief JOU NAAM EN VAN SONDER SPASIES (die kind se naam en van) op die betaling aan.
Internetbetaling
Maak 'n internetbetaling na die volgende rekening. Die besonderhede is as volg:
Rekeningnaam: NG Nahoon
Rekening nommer: 7005 80059
Tipe rekening: Lopende rekening
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Verwysing: Naam+van+borgskoolverw, byvoorbeeld: jsmutsborgskoolverw.
Stuur die bewys van betaling na: kantoor@ngnahoon.co.za.
Yoco-betaling
Maak 'n betaling per debiet- of kredietkaart by hierdie skakel: https://pay.yoco.com/ng-nahoon.
Sit in die "Reference"-veld 'borgskoolverw' in, byvoorbeeld: jsmutsborgskoolverw.