Graad 7 was lekker, maar die beste lê nog voor!
Die hoërskool bied baie nuwe geleenthede, maar ook net soveel uitdagings. Ons wil jou help om wat was te vier en vir jou die nodige gereedskap te gee om die nuwe uitdagings te kan aanpak.
Ontmoet tieners soos jy wat 'n passie vir Jesus het en wat sommer die nuwe seisoen op die beste manier moontlik wil vier – deur dit in God se teenwoordigheid te doen!
Die koste vir die kamp sluit jou verblyf en alle etes en aktiwiteite in.