Die Linden Ondersteunersklub (LOK) is in 2022 gestig met die visie om uitmuntendheid te bevorder, geleenthede te skep en 'n gemeenskap te bou waar leerlinge akademies, sosiaal, op sportsvlak en met integriteit floreer. Ons verbintenis tot Hoërskool Linden strek verder as die klaskamer, die sportveld of die verhoog, en fokus op die holistiese ontwikkeling van studente en die verryking van ons plaaslike Linden-gemeenskap.
Vir ons skool. Vir ons leerders. Vir ons gemeenskap. Vir Linden.
Hierdie klub is geskep met die missie om die ontwikkeling van die skool te ondersteun en te verseker dat elke leerder toegang het tot die hulpbronne en geleenthede wat nodig is om in die lewe te slaag. Deur befondsing, beurse, individuele projekte en gemeenskapsinisiatiewe te verskaf, poog die klub om toekomstige geslagte te bemagtig en 'n toewyding aan sosiale verantwoordelikheid te inspireer.
Sluit vandag nog aan by die klub op die volgende twee maniere:
Besoek ons stalletjie by Hoërskool Linden se tuiswedstryde, koop jou ondersteunersklub pet en sluit aan.
Sluit aan aanlyn deur die bruin knoppie hieronder te druk en volg die stappe op die blad.
Vir enige hulp of bystand kontak ons by ondersteuner@linden.co.za
Die doel van die Linden Ondersteunersklub is om ‘n sosiale platvorm te skep wat die samesyn en eenheid van oud- en huidige belanghebbendes, ondersteuners en die Linden gemeenskap sal bevorder. Dit bied ook aan ondersteuners die geleentheid tot unieke geleenthede om saam te kuier en die skool te ondersteun.
Die klub samel ook fondse in vir Hoërskool Linden in wat vir verskeie kulturele, akademiese en sport behoeftes geallokeer word. Belanghebbendes kan ook deur die klub se funksies, geleenthede en algemene donasies help met die ondersteuning van minderbevoorregte leerders asook die uitbou en vooruitgang van die skool se bedrywigehede en infrastruktuur.
Hoe funksioneer die klub?
Die Linden Ondersteunersklub word aangedryf deur die vrygewigheid en ondersteuning van ons ouers, vennote, skenkers en vrywilligers. Of jy nou 'n ouer, plaaslike besigheid of alumni is, daar is talle maniere waarop jy 'n betekenisvolle bydrae kan lewer tot die ontwikkeling van ons studente en die plaaslike gemeenskap.
Die Linden Ondersteunersklub is 'n nie-winsgewende maatskappy wat in 2024 gestig is om die bogenoemde doelwitte te bereik. Dit het ook openbare voordele-organisasie-status om 18A belastingsertifikate uit te reik.