Sluit aan by die Linden Ondersteunersklub
Sluit aan by die Linden Ondersteunersklub
Registrasie vir die klub is nou oop. Sluit vandag aan by Hoërskool Linden se eie Ondersteunersklub.
Daar is twee maniere hoe jy by die klub kan aansluit:
SLUIT AAN IN PERSOON: Woon 'n tuiswedstryd by wat by Hoërskool Linden aangebied word, besoek die LOK stalletjie en sluit aan deur jou eenmalige aansluitings fooi van R350-00 te betaal en ontvang jou GRATIS Linden Ondersteunerspet en lidmaatskapnommer.
OF
SLUIT AAN AANLYN/TUIS: Sluit aanlyn/by die huis aan deur die DRIE maklike stappe hieronder te volg.
STAP 1: Voltooi die registrasievorm deur die skakel te volg: https://bit.ly/OKregistrasie
STAP 2: Voltooi die registrasieproses deur jou eenmalige aansluitings fooi van R350-00 te betaal en stuur die bewys van betaling aan ondersteuner@linden.co.za (Let asb. dat die betalings in die klub se bankrekening in betaal word)
Rekening besonderhede:
Naam van rekening: Linden Ondersteuners Klub
Bank: Nedbank - Current Account
Rek nommer: 1289839700
Takkode: 198765
Verwysing: Lid + Naam & Van
Epos bewys van betaling aan: ondersteuner@linden.co.za
STAP 3: Jy sal na registrasie en ontvangs van bewys van betaling ‘n bevestiging van registrasie e-pos ontvang met jou lidmaatskapnommer en erkenning van lidmaatskap. Ons sal ook dan met jou reelings tref om jou Linden Ondersteunerspet by jou uit te kry.
Waarom die ondersteunersklub?
Die doel van die Klub is om ‘n sosiale platvorm te skep wat die samesyn en eenheid van oud- en huidige belanghebbendes, ondersteuners en die Linden gemeenskap sal bevorder. Dit bied ook aan ondersteuners die geleentheid tot unieke geleenthede om saam te kuier en die skool te ondersteun.
Die klub samel ook fondse in vir Hoërskool Linden in wat vir verskeie kulturele, akademiese en sport behoeftes geallokeer word. Belanghebbendes kan ook deur die klub donasies aan die skool maak vir die uitbou en vooruitgang van die skool.
Wat is die kostes verbonde?
Eenmalige aansluitings fooi beloop R350-00 en sluit jou HSL Ondersteunersklub gholfpet met jou lidmaatskapnommer op geborduur. Die pet se nommer is jou LOK nommer "for life".
Watter voordele ontvang ek deur aan te sluit by die klub?
Jy ontvang jou unieke ondersteunerskeps met jou lid nommer op geborduur en lidmaatskap "for life".
Jy maak 'n verskil in die lewens van ons skool en gemeenskap.
Jy kry toegang en uitnodigings tot spesiale ondersteunersklub geleenthede en sosiale geleenthede vir ons ondersteuners.
Jy word op datum gehou van datums en geleenthede waar jy die skool en/of gemeenskap kan ondersteun.
Toegang tot die lojaliteit program met seisoenale en/of jaarlikse aanbiedings deur ons gemeenskaps vennote en Hoërskool Linden.
Is daar ander "merchandise" van die LOK beskikbaar?
Ja, die LOK spog met 'n reeks "LOK Merchandise". Die huidige reeks spog met 'n Linden Ondersteunerstrui teen R950-00 ("Old School" tipe rugbytrui met strepe, asook die "Stadium Cushion" 'n kussing wat jou sitplek op die koue pawiljoene gemaklik maak teen R200-00 elk.
LOK Merchandise word verkoop by die stalletjie tydens tuis sportgeleenthede by Hoërskool Linden of kan bestel word via e-pos by ondersteuner@linden.co.za of deur op die blokkie hieronder te klik en die stappe op ons blad te volg.