Hoërskool Linden is gestig in 1947 ‘n Skool wat spog met ‘n langstaande en ryk tradisie in die ontwikkeling van indrukwekkende jong leiers wat hulle merk maak in die kunste, wetenskappe, besigheid, politiek, die media en sport. Die Linden Ondersteunersklub werk hard om by te dra sodat Hoërskool Linden alles het wat hulle nodig het om 'n topklas onderwysinstelling te bly wees. te geniet.
Die Linden Ondersteunersklub is in 2022 gestig met die visie om uitmuntendheid te bevorder, geleenthede te skep en 'n gemeenskap te bou waar leerlinge akademies, sosiaal, op sportsvlak en met integriteit floreer. Ons verbintenis tot onderwys strek verder as die klaskamer, en fokus op die holistiese ontwikkeling van studente en die verryking van ons plaaslike gemeenskap.
Hierdie klub is geskep met die missie om die ontwikkeling van die skool te ondersteun en te verseker dat elke leerder toegang het tot die hulpbronne en geleenthede wat nodig is om in die lewe te slaag. Deur befondsing, beurse, individuele projekte en gemeenskapsinisiatiewe te verskaf, poog die klub om toekomstige geslagte te bemagtig en 'n toewyding aan sosiale verantwoordelikheid te inspireer.
Die Linden Ondersteunersklub sien 'n toekoms waar onderwys vir almal toeganklik is, waar elke leerder se potensiaal verwesenlik word, en waar die waardes van integriteit, deernis en gemeenskap in elke aspek van die skoollewe uitgeleef word. Ons poog om:
Beurse en finansiële hulp te bied om te verseker dat ons die nodige talente trek en ontgin, en dat geen leerder agterwee bly nie.
Die vennootskap tussen die skool, ouers en die breër gemeenskap te versterk.
Te verseker dat onderwys verder strek as akademie deur persoonlike groei, ouer- en gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder.
Om ‘n sterk uitkeerfonds te skep wat te verseker dat Hoërskool Linden aan die spits van akademiese, kulturele en sport prestasie bly
Om die ontwikkeling van leerlinge by Hoërskool Linden te ondersteun en te verseker dat hulle toegerus is met die vaardighede, kennis en karakter wat nodig is om suksesvolle individue en aktiewe bydraers tot die samelewing te word.
Gemeenskapsbetrokkenheid: Bou sterk bande met ouers, oud-leerders, dieplaaslike gemeenskap en moedig studente aan om betrokke landsburgers te word.
Integriteit: Bevorder eerlikheid, verantwoordelikheid en etiese gedrag in alle aspekte van die skoollewe.
Inklusiwiteit: Verseker dat onderwys vir almal toeganklik is, ongeag agtergrond of finansiële status.
Beurse en Finansiële Ondersteuning
Bied beurse en finansiële hulp aan belowende studente, wat dalk nie die finansiële middele het om ten volle te ontwikkel nie, askook om talent te lok en te behou om kompeterend te bly.
Infrastruktuur en Fasiliteite
Verbeter en brei die skoolfasiliteite uit om 'n meer bevorderlike leeromgewing te skep.
Gemeenskapsbetrokkenheid
Bevorder gemeenskapsbetrokkenheid deur inisiatiewe wat studente aanmoedig om betrokke te raak en terug te gee.
Bou sterker bande met plaaslike organisasies, besighede en diensgroepe om werklike leergeleenthede te verskaf.
Die Linden Ondersteunersklub word aangedryf deur die vrygewigheid en ondersteuning van ons ouers, vennote, skenkers en vrywilligers. Of jy nou 'n ouer, plaaslike besigheid of alumni is, daar is talle maniere waarop jy 'n betekenisvolle bydrae kan lewer tot die ontwikkeling van ons studente en die plaaslike gemeenskap.
Die Linden Ondersteunersklub is 'n nie-winsgewende maatskappy (NPO) wat in 2024 so geregistreer is, om die bogenoemde doelwitte te kan bereik. Dit het ook openbare voordele-organisasie-status om 18A belastingsertifikate uit te reik.
Bydraes tot die klubfondse bevoordeel die skool en sy studente direk. Dit sluit in:
Behoeftige leerders
Sports ontwikkelingsbeurse
Kultuur ontwikkelingsbeurse
Akademiese ontwikkelingsbeurse
Uitkeerfonds vir spesifieke projekte
Gemeenskaps projekte
Jou betrokkenheid by die klub is vir ons belangrik en kan op die volgende wyse geskiet:
Word 'n lid van die klub: Aansluitingsfooie en deelname help dat die klub kan groei, ons doelwitte bereik, uitbrei en netwerke bou.
Werk saam met ons: Samewerking met die klub om hulpbronne, beurse of geleenthede aan ons studente te verskaf.
Word deel: Kontak ons om deel te word van die weerksaamhede van die klub.
Ondersteun ons geleenthede en verkope: Woon by en ondersteun ons geleenthede en funksies. Koop LOK "merchandise" en besoek ons tent by tuiswedstryde en ander Hoërskool Linden geleenthede.