Hierdie web-blad is my persoonlike bydrae vir my liefde vir kerk musiek en orrel speel.
So luister gerus en geniet. Hierdie aanlyn internet stasie is daar vir die luister genot van mense wat van die pragtige kerk en orrel musiek hou. Geniet en stuur die luister skakel na mense aan wat jy voel die stasie sal waardeur. Ek bid die Vader se seën op almal.
In 1982 koop my pa vir my suster n klein Yamaha orrel en sy begin met musiek lesse omdat daar 'n tekort aan orreliste was in die gemeente. Ek self het begin belangstel en so stuur my ouers my ook vir orrel lesse en so word ek en my suster orreliste wat so om die beurt in die gemeente speel. In my matriek jaar 1983 was ek pepermente orrelis vir die gemeente voor my diensplig in 1984. Na my my diensplig het ek verder lesse geneem en weer my plek as orrelis in geneem so het van plek tot plek gespeel. So 15 jaar terug het ek ook as begrafnis orrelis in Johannesburg gedien en toe by verskeie kerke begin pyporrel speel juis agv die tekort aan orreliste in gemeentes. So het ons toe ook Tzaneen toe getrek in 2008 waar ek as vryskut orrelis gespeel het en tans steeds doen waar nodig.
In April 2021 het ek die permanente orrelis pos by die NGK Laeveld gekry waar ek tans nog as orrelis dien.
My laaste musiek onderwyser was die wyle Vicus Pretoruis van Standford Collage hy was 'n Kontrabas speler in die destydse SAUK simfonie orkes. Hier speel ons saam Franz Shubert se “Heilig, heilig, heilig” 1827
Lied boek 171