Welkom

Ek is Antoinette Roberts, ‘n geregistreerde opvoedkundige sielkundige met meer as 20 jaar ervaring. Ek doen terapie en assesserings by my praktyk in Kempton Park of aanlyn.

My kliënte sluit in kinders, adolessente en jong volwassenes met 'n wye omvang van uitdagings soos spanning, angs, verhoudingskonflikte, gemoedstoestande insluitend depressie en leerprobleme byvoorbeeld disleksie. Ek is veral geïntereseerd in neurologiese toestande soos aandagafleibaarheid en/of hiperaktiwiteit (ADD/ADHD). Ek bied leiding en terapie aan vir kinders en/of families wat geraak is deur egskeiding, trauma en verlies. 

Buiten terapie doen ek ook assesserings soos psigo-opvoedkundige assesserings (skolastiese en IK-toetse). 

Elke kliënt is uniek daarom maak ek gebruik van verskillende terapeutiese tegnieke. 

Ek is passievol oor my werk en woon gereeld kursusse by om te verseker dat ek op hoogte bly met die nuutste ontwikkelinge in die veld.

Kontak my gerus indien u enige navrae het.