Betalings kan direk vanaf die mediese fonds geëis word namens die kliënt of vereffen word op die dag van die sessie deur midddel van 'n elektroniese oorbetaling (EFT) of kontank (geen kaartfasiliteite is tans beskikbaar nie).
Die kliënt bly verantwoordelik vir die vereffening van hul rekening en word aanbevaal om eers hul mediese fonds te kontak om uit te vind watter dienste en die hoeveelheid sessies wat gedek word.
Let wel dat mediese fondse nie verslae en toetstellings dek nie.
Kontak my gerus vir enige navrae rakende fooie.
Kansellasies en herskedulering van afsprake moet minstens 24 uur voor die afspraak gekommunikeer word. In die geval dat kansellasie laat of die afspraak gemis is sal die kliënt verantwoordelik wees vir die betaling van 'n fooi. Let wel dat hierdie fooi nie deur mediese skemas gedek word nie.