Skrywers, Digters, Lirikuste, Melodikuste, Komponiste, Instrumentaliste, Sangers, Produseerders, Demo-produseerders, Rangskikkers, Meng-inginieurs, Meester-inginieurs, Vokale-kunstenaars, Ondersteunende-kunstenaars.
Waar pas jy? Wat kan jy doen? Hoeveel hoede dra jy? Begin by die begin, nie die afspringlyn nie maar by oefening en voorbereiding.
Jy hoef nie ‘n sanger of produsent te wees nie.
📎 Lees meer: Jou kreatiewe persona en rol in 'n span
Wat het jy nodig om met jou musikale loopbaan af te skop?
Waar begin ek is een van die vrae wat ek die meeste hoor vanaf mense wat weet dat ek in die musiekskryf-en-skeppings bedryf is, en nie noodwendig omdat hulle saam met my sou wou werk nie maar omdat hulle nie 'n goeie gids het om te kan bepaal wat in plek is en wat nog in plek moet kom nie. Die waarheid is dat die musiek-industrie met al die verskillende instansies, termes, kondisies en beste praktyke is nie die deursigtigste nie, en dit kan 'n rukkie neem om die volgorde vir jouself uit te sorteer om nie eers te praat van hoe ingewikkeld tantiem verdeling lyk nie. Dit is nie werklik so uitdagend nie, dis net onbekend. Die terme, die definisies, wat dit beteken vir die persoon en persona asook wat die intellektuele waarde van jou toevoeging is.
Minimum toerusting, maksimum duidelikheid
Om te begin het jy nodig om te verstaan hoeveel hoede jy dra. Verstaan wie jy is as mens, as kunstenaar, askuns-argitek. Wat jy wil doen? Hoekom wil jy dit doen? Wat het jy nodig om dit te doen? Wie het jy nodig om dit te kan doen? Wat ontbreek dat jy dit kan doen? Die kuns staan nie alleen nie. Dit is 'n ekstensie van jou. Dis jy en jy is dit. Dis jy, die persona en die skepsel.
Wie is jy as woordmeester? Klankargitek? Stem-kunstenaar? En klankargitek?
Wat wil jy bereik?
Wat is jou doel met jou kuns?
Is jy 'n skrywer wat graag stukke in liede wil laat verwerk?
Is jy 'n digter wat dink van jou gedigte het potensiaal om 'n lied te word?
Is jy reeds 'n lirikus, wat woorde kan skryf met 'n "ritme" - wat lirieke in 'n liedformaat kan skryf wat sinmaak? (Inleiding, verse, brug, instrumentale dele, kore, stiltes en slot)
Is jy verby lirikusvlak en kan jy die musiek in jou "geestesoor" hoor. Het jy 'n sekere rigting wat jy glo die lirieke moet neem?
Is jy 'n komponeerder wat eerste die musiek "in jou geestsoor" hoor? Eerste die musiek neerpen en begin komponeer?
Het jy nie werklik 'n aanvoeling vir die woorde skryf en lirieke kunstel nie?
Het jy begin om in jou komponie-vaardighede te bele?
Kan jy 'n stuk musiek komponeer en in 'n mp3 of wav vorm uitvoer? Dan is jy bes moontlik al gevorder tot 'n instrumentalis.
Kan jy die musieklae (instrumente of elemente) rangskik sodat dit esteties meer sin maak en goed klink?
Kan jy in 'n DAW (digitale audio werkstasie) jou weg vind met verwerking? Dan is jy reeds besig om die hoed aan te trek van produseerder.
Het jy geleer hoe om te "meng"? Effekte en ander estetiese komponente saam te voeg om die beste uit die elemente van die rangskikking te haal.
Het jy die hoed van die opname ingineur aangesit, die vaardigheid aangeleer en die oor ontwikkel om te hoor wanneer 'n opname die regte kwaliteit vir 'n "meester-opname" is?
Kan jy stem-verwerking doen? Waar die opname geneem word, verwerk word en aanpassings gedoen word om dit effektief met ander elemente te kan kombineer?
Het jy die vaardigheid van 'n "meester-inginieur" ontwikkel om die demo-of-meester-opname op die volume en estetiese vlak van mededingende snitte te kry sodat dit in die musiek arena kan kompeteer?
Hoekom wil jy kollaboreer?
Weet jy wat die intellektuele waarde is wat jy tot 'n projek kan bydrae?
Weet jy wat is jou regte?
Moet jy by elkeen van hierdie instansies registreer? Nee. Jy moet as musiek-skepper registreer by SAMRO en vir musiek tantieme by CAPASSO. Jy registreer by SAMPRA as jy 'n platemaatskappy het en jy kan by RISA registreer as jy self-produserend is en ISCR nommers aan liedere moet brand.
Die een enkele ding wat die ontsaglike harde werk en opofferings kan stol of selfs stagneer is onkunde en aannames. Hoekom, omdat 'n wanpersepsie van wat jou intellektuele aandeel werd is baie meer weeg as die vraag: “Hoe skryf ek ’n goeie lied?” Dis ’n goeie vraag… maar dalk nie die eerste vraag wat jy moet vra nie.
Die belangrikste vraag is: 👉 Het jy die kreatiewe vryheid om te skep wat werklik in jou leef?
Want wat help tegniek, struktuur en kennis van rym en ritme as jy nie eers weet wie jy is nie? As jy nie seker is wat jy mag skep, besit of deel nie? Hierdie blog is vir jou as jy meer wil wees as net ’n liedjieskrywer — jy wil ’n liedjieskrywer-musiek-skepper wees: iemand wat met kennis, vryheid en visie skep.
Die Vele Personas van Musiek-Skepping: Die Komponie Afdeling
Die Produksie Afdeling: Waar Kuns Tegnies Word
Die Onafhanklike Produsent: Die Eenmansvertoning
Die Persone, Personas en Kunstenaar se Produktiwiteit Projeksie
Wat is belangriker as om te weet hoe om 'n liedjie te skryf?
Kreatiewe Vryheid: Die Ware Goud
Hoe verkry ’n Liedjieskrywer-Musiek-Skepper kreatiewe vryheid?
Wat is jou intellektuele aandeel?
Wie is betrokke by die komponie?
Wie is betrokke by die produksie?
7 Tekens dat jy goed sing en skeppers kan nader vir kollaborasie
Die Voordele Van Saamwerk & Vorentoe Betaal
Hoekom jy sukkel om produseerders te kry om te gratis te kollaboreer?
Kreatiewe ongelykheid: Wanneer “ons kollaboreer” nie regverdig is nie
Waarom onafhanklike produsente huiwerig is om gratis te kollaboreer
Hoe verseker jy dat almal waarde kry – selfs sonder geld?
Wanneer is samewerking die moeite werd?
Waarom ek besluit het om seker te maak dat ek van my oop tyd skenk
Uit die perd se bek: Tes Mayer Smith
Hoekom jy dit moet oorweeg om van jou oop kalender spasies te skenk aan kollaborasies?
Alternatiewe vergoeding wanneer bydraes ongelyk is
Hoekom dit makliker is as ooit
10 Redes waarom musiek-skep tegnies makliker as ooit is
Wat kos dit om jou liedjies in die mark te kry?
Wat is die kostes om musiek-produsering te begin?
Inligtingsoormaat & die kitskultuur
Selfverspreiding: Die realistiese kant
Samewerking: ’n Stil Rewolusie
Maar… hoekom is dit terselfdertyd moeiliker?
Hoe bou jy 'n soliede grondslag?
Die een ding wat jy moet verstaan is dat die musiek-industrie, hetsy die onafhanklikes of kontraktuele-industrie, is ewig-veranderend. En wat vandag trend is dalk more weer aan die uit beweeg.
Op 'n stadium was die beweging om soveel as liedjies uit te sit en skeppers was aangemoedig om een per week vry testel. In die tussentyd het kenners daarteen aanbeveel en gewaarsku dat die tendens sekere newe-effekte het wat jy in ag moet neem as musiek-skepper en onafhanklike vrysteller.
Tans word dit aanbeveel om werklik jou lied met meer intensie te skep, agtergrond rondom dit te ontwikkel, jouself as persoon, persona en kunstenaar aan die publiek en liedjie-fynproewers bekend te stel en die liedjie-skepsel tyd te gee om bietjie asem te skep en asem te haal. Maar wat beteken dit? Twee maande klink soos baie tyd maar dit beteken ook dat jy drie projekte in verskillende skeppingstadium moet "wing" om dit gedoen te kry, terwyl jy nog 'n lewe het ook.
En die realiteit is dat jy maar een van die 120 000 vrystellaars is wat elke twee maande 'n liedjie gaan vrystel, as alles volgens plan verloop. Ek het 'n hele blog plasing aan hierdie onderwerp afgestaan. Lees die hele artikel hier.
Die volgende om te onthou is dat jy een van die ratte is in die klopende horlosie is, en dat die persone waarmee jy graag sou wou kollaboreer reeds 'n jaarskedule opgestel het wat moontlik reeds kollaborateurs ingewerk het en nie beskikbare spasies het om mee te werk nie. Iets anders om ingedagte te hou is dat die persone wat jy kontak vir kollaborasies nie musiek maak net vir pret nie. Dis goed om met 'n berg-visie na dinge te kyk as om met leuke visie met die tong in die kies gevang te word.
Die ander moontlikheid is dat personas wat die soort werk doen en uitsit waarin jy geinteresseerd is moontlik betaalde spasies mag oop he want ongelukkig moet onkostes, lewens-onkostes, toerusting, tyd en kreatiewiteit verhaal word om volhoubaar te kan skep.
Wat’s jou verwagting van ‘n kollab?
Moenie hoop op redding nie – bou vennootskappe
Goeie kollaborasies het rolle, tydlyne en wedersydse nut
📎 Lees meer: Realiteit van Samewerking vir Indie Artists
Wanneer 'n mens gaan meewerk saam met ander in die konsepsie , komponie, skepping, produksie en publisering van 'n liedjie of musikale stuk gaan jy letterlik saam "ouerskap / eienaarskap" neem vir skepping, kostes en promovering. Daarom is dit baie belangrik om die persona/s waarmee jy gaan saam werk te leer ken, en jouself as persoon, persona en kunstenaar ontwikkel het tot 'n punt waar dit bydrae tot jou "publieke persona" wat letterlik 'n besigheid op bene raak. Dit is nie 'n ligtelike saak nie.
So liedjieskryf is die maklikste van die taak op hande. En daar is menigte maniere om liedjies te skryf. Ek het 10+ jaar ondervinding in (musiek-skryf-en-skepping) in die onafhanklike musiek bedryf en soos alle ander industriee kan dit ongenaakbaar wees.
(Skrywers, Digters, Lirikuste)
🎯 Waar jy aanlyn kan aanklop:
Facebook-groepe: Soek vir Lyricist Lounge, Poets & Songwriters Unite, ens. – plekke vir deel, kritiek en netwerke.
Subreddits: r/Songwriting, r/Poetry – hier vloei die idees en advies.
X (Twitter): Volg en tag #SongwritingCommunity of #AmWriting – jy’t dalk net jou volgende kollab op jou thread.
YouTube & Masterclasses: Ryan Tedder en Mary Gauthier se videos is goud vir liriek-timbre.
💡 Ondersteuning:
Reddit: r/Songwriting, r/Poetry – vol eerlike terugvoer.
Facebook-groepe: "Indie Lyricists" of "South African Songwriters Network" – as jy plaaslik wil verbind.
Substack / Medium: Begin self publiseer, bou ‘n following – jy’t nie ‘n uitgewer nodig nie.
X (Twitter): Volg hashtags soos #SongwriterCommunity en #AmWriting – dis ’n netwerk in jou sak.
🌀 Tes se twist:
“’n Sin wat jou laat vries of vlieg – dis wat ek jag. Moenie wag vir ‘n uitgewer om jou te bel nie. Post daai strofe. Hou ‘n gedigte-reeks op IG Stories. Die wêreld is jou notaboek.”
(Melodikuste, Komponiste, Instrumentaliste, Rangskikkers)
🎯 Waar jy aanlyn kan aanklop:
SoundCloud & BandLab: Deel vroeë weergawes en kry regstreekse terugvoer.
Instagram/YouTube: “Playthrough” videos en live jams werk briljant vir sigbaarheid.
LinkedIn vir klassieke komponiste: Ja, daar’s verrassend baie aktiewe klassieke en filmmusiek gemeenskappe.
Forums soos VI-Control en Gearspace: Teknikale praatjies en wenke.
💡 Ondersteuning:
YouTube Channels: Nahre Sol, Rick Beato, David Bennett Piano – praktiese en filosofiese insigte.
Discords: "Composers Lounge", "Bedroom Producers" – vind komponiste en rangskikkers regoor die wêreld.
MuseScore & Flat.io: Gratis bladsynotasie – perfek vir rangskikking en samewerking.
🌀 Tes se twist:
“Ek bou melodieë uit drome en storiefragmente. As jy ‘n fluitspeler in Finland soek wat jou progressie verstaan – daar’s ‘n Discord vir dit. Hou op wag vir die orkes. Begin bou met stemme in jou DM’s.”
(Sangers, Vokale-kunstenaars, Agtergrondsangers, Ondersteunende kunstenaars)
🎯 Waar jy aanlyn kan aanklop:
TikTok & Instagram Reels: Kort-formaat vokaaluitdunings is ‘n magneet vir aanhangers en vervaardigers.
Facebook-groepe soos Vocalists Connect Worldwide
Vocalizr.com: Platform spesifiek vir vokaal-kollabs.
SoundBetter (deel van Spotify): Kry betaalde gigs of bied jou dienste aan.
🌀 Tes se twist:
“Stemme is stories. As jy 'n harmonie oor 'n beat record sit in jou kas, is jy al deel van die netwerk. Ek’t al ‘n hele refrein gemaak net uit stems van drie mense op TikTok wat nie mekaar ken nie.”
Julle gee die musiek asem.
💡 Ondersteuning:
TikTok / Instagram Reels: Vind collab challenges of join iemand se stemuitdaging.
SoundCloud / BandLab / Voisey (as beskikbaar): Deel jou stem en speelwerk maklik.
Singular platforms: Volg #OpenVerse of #DuetMe op IG of TikTok vir samewerkings.
Vocalist-centric Discords: Soos "Vocal Creators Collective."
🌀 Tes se twist: Ek het al agtergrondsangers ontdek in die kommentaar van ‘n reel. Laat jou stem werk, maar laat jou teenwoordigheid ook praat.
(Demo-produseerders, Produseerders, Meng- en Meester-inginieurs)
🎯 Waar jy aanlyn kan aanklop:
YouTube: In-diepte tutoriale van ouens soos Andrew Huang, Warren Huart en Rick Beato.
Discords soos ‘We Are The Music Makers’: Deel stems, leer van ander.
SoundBetter & Fiverr: Vind of bied diens aan vir mixing/mastering.
Plugin-maker forums (bv. Slate Digital, FabFilter): Tegniese ondersteuning en sound design wenke.
Julle vorm klank tot goud.
Produce Like A Pro (YouTube + Community): Praktiese wenke vir selfmeng en -meester.
LANDR en eMastered: Aanlyn meestering vir diegene sonder toegang tot duur ateljees.
r/WeAreTheMusicMakers (Reddit): 'n Klankbord vir alles van plugins tot publishing.
Plugin Boutique / Splice / Loopmasters: Samples, loops en VSTs vir elke vlak van kreatiwiteit.
🌀 Tes se twist:
“Ek’t begin met ‘n 10-jarige laptop en gratis plugins. Die regte mentor sit dalk agter ‘n Twitch-kanaal of skryf toevallig op Reddit. Dis nie oor toerusting nie – dis oor ingesteldheid.”
DistroKid / Amuse / RouteNote: Selfpubliseer jou musiek – jy’t nie ‘n label nodig nie.
Canva / Adobe Express: Maak jou eie omslae en sosiale media posts.
Notion / Trello: Bestuur projekte, liedjies, reels, en take.
Ko-fi / Patreon: Laat aanhangers jou direk ondersteun.
(Skrywers, Digters, Lirikuste)
💡 Hoe om te trek:
Deel rou gedagtes, halwe gedigte, onvoltooide reëls – dit nooi ander in.
Skryf vir die gevoel, nie vir goedkeuring nie.
Laat jou taal visueel wees – mense sien emosie en word ingetrek.
Gebruik platforms soos Instagram Stories of Threads om vrae te vra soos: "Wie hoor ‘n klank agter hierdie reël?"
🎤 Tes se stem:
“Wanneer jy eerlik skryf, roep jy nie mense nie – jy herinner hulle aan iets wat reeds in hul lê.”
(Melodikuste, Komponiste, Instrumentaliste, Rangskikkers)
💡 Hoe om te trek:
Skep klanke wat emosie suggereer, maar oop laat vir interpretasie.
Deel mini-ideeë sonder om dit toe te maak – ’n koordprogressie sonder ‘n refrein, ’n motief sonder beat.
Nooi ander om hul eie instrument daaroor te lê – gee ruimte.
🎤 Tes se stem:
“’n Halwe liedjie trek in soos ’n wind. As dit alles is, is daar geen plek vir iemand anders nie.”
(Sangers, Vokale-kunstenaars, Ondersteunende kunstenaars)
💡 Hoe om te trek:
Deel rou stems – sonder outotune, sonder perfektheid.
Sing oor ander mense se werk – cover iets onverwags.
Maak kort stemgroetings of vokale "loops" op Reels of TikTok – nooi ander om dit te gebruik.
Gebruik hashtags soos #OpenVerse of #DuetMe vir natuurlike samewerking.
🎤 Tes se stem: “’n Stem wat nie roem soek nie, maar gemeenskap, trek soos ‘n vuur in koue.”
(Produseerders, Demo-produseerders, Meng- en Meester-inginieurs)
💡 Hoe om te trek:
Deel voor-en-na klanke van jou mengwerk – wys jou magie sonder bravade.
Doen "remix open calls" – gee stems en kyk wie reageer.
Ondersteun ander se poste met eerlike tegniese komplimente – dit bou respek.
🎤 Tes se stem: “Wanneer jy dieper luister as ander, word jy ’n stem wat hulle wil hê in hul kamer.”
🌱 Wees konsekwent sigbaar, maar nooit desperate nie.
🌠 Wys jou waardering vir ander se werk – openlik, opreg.
🎁 Gee meer as jy vra – dalk 'n loop, ’n liriek, ’n atmosfeer.
🌀 Skep eerder ’n wêreld as ’n ‘brand’ – mense wil in wêrelde leef, nie bemark word nie.
💬 Gebruik taal wat nooi: “Ek speel met hierdie... wil jy saamspeel?” i.p.v. “Ek soek iemand wat kan…”
⚙️ Bonus: Fundamentele Goed wat jy moet opsit as jy self produseer
Duidelike projekkaarte
Stem-effekte of plugins wat jy al verstaan
Tydsbeplanning: 6 enkelsnitte per jaar = realisties
Produseerders se tyd kos. Jou lied moet vir hulle ook sin en waarde bied.
👉 Hierdie gids is ‘n voorproe van wat Weergalm gaan wees: ‘n platform vir skeppers met rigting, ritme en realiteit.
Sluit aan by die beweging – waar jy nie net jou musiek skep nie, maar jou pad daarmee.
Tes Mayer is die stem agter AlternaTES – kunstenaar, liedjieskrywer en visuele storieverteller. Sy gebruik klank, simboliek en strategie om onafhanklike skeppers te help skep met rigting en betekenis.
📲 Volg haar op:
🌐 Website: https://www.weergalm.org.za/tuis
🌐 Linktree: https://www.weergalm.org.za/skakels
▶️ YouTube: https://www.youtube.com/@TesALTERNATiEF
🎬 TikTok: www.tiktok.com/@tesalternatief_
👥 Facebook: Tes Mayer
👥 Facebook: AlternaTES