Dit is makliker as ooit om jou eie musiek te skryf, te toonset, te produseer en te publiseer. Maar is dit werklik? Soos met enige iets wat die moeite werd is, is dit net maklik waneer jy weet hoe. En om by die hoe uit te kom is soms moeiliker as wat mense wil erken, of dalk het hulle net vergeet hoe harde klim dit was om te gekom het tot waar jy gekom het.
Daar is wel soveel voordele om jou eie musiek te kan skryf en produseer, want daar is min invloede wat dit ontspoor en jy het werklik meer kreatiewe vryheid om uiteindelik die musiek te laat klink soos wat dit deur die gees en hemel na jou siel to gevloei het. Dit maak die proses meer vervullend as enige ander en iets om te oorweeg as om jou kreatiewe vryheid oor te gee aan 'n platemaatskappy. Daar is niks daarmee fout as dit is wat jou hart verlang nie, maar jy het heelwat minder vryheid oor jou persona en kuns as jy jou onafhanklike status sou opgee. Lees ons afskop gids.
Desember 2024
As onafhanklike skepper, kunstenaar en produsent, kan ek getuig van die dreinerende element van ons kreatiewe werk. Die wete dat die jaar verby is bring 'n moegheid mee, selfs al is dit net onderbewustelik. Tog is konsolidasie van 2024 en beplanning vir 2025 nodig sodat ons onsself kan oorgee aan rus en ontspanning. So bevind baie van ons onafhanklike musikante onsself in daardie bekende spasie – terugkyk na wat ons bereik het, en vorentoe kyk na wat nog voorlê. By Weergalm verstaan ons die unieke uitdagings waarmee Suid-Afrikaanse musikante te kampe het, van onvoorspelbare kragonderbrekings tot die steeds veranderende digitale landskap van musiekverspreiding. Lees verder
Januarie 2025
Baie mense vra: “Hoe skryf ek ’n goeie lied?” Dis ’n goeie vraag… maar dalk nie die eerste vraag wat jy moet vra nie.
Die belangrikste vraag is dalk eerder: 👉 Het jy die kreatiewe vryheid om te skep wat werklik in jou leef?
Want wat help tegniek, struktuur en kennis van rym en ritme as jy nie eers weet wie jy is nie? As jy nie seker is wat jy mag skep, besit of deel nie? Hierdie blog is vir jou as jy meer wil wees as net ’n liedjieskrywer — jy wil ’n liedjieskrywer-musiek-skepper wees: iemand wat met kennis, vryheid en visie skep. Lees die hele artikel.
Februarie 2025
Of jy nou in die stort sing of saam met jou gunstelingliedjie in die kar galm—baie mense wonder op een of ander stadium: “Kan ek regtig goed sing?” Selfvertroue is belangrik, maar dis net so belangrik om eerlik na jouself te luister en te evalueer.
Hier is sewe slim en praktiese maniere om uit te vind of jy wérklik ’n goeie sanger is, en hoe jy jou vaardighede verder kan slyp.
Maart 2025
Die kreatiewe proses van musiekskepping kan 'n diep persoonlike en vervullende ervaring wees. Tog toon talle voorbeelde dat samewerking hierdie ervaring nie net kan verryk nie, maar ook lei tot meer dinamiese en innoverende resultate. In hierdie artikel ondersoek ons die voordele van samewerking in musiekskepping en hoe dit jou as kunstenaar kan bevoordeel. Lees verder...
April 2025
Die kreatiewe proses van musiekskepping is veronderstel om diep persoonlik te wees. Dit maak ’n paar koppelings, dit vertel ’n paar stories. Dit spoeg en dit sus. Dit bring heimwee en dit lig op. Musiek is ’n identifiseerder van die kunstenaar: hoe jy klink, wat jy sê, en vir wie jy sing. Dít is die onderliggende basis van die “bevryding” wat ons vandag sien in onafhanklike musiek.
Iewers in die verlede het iemand vasgeval in ’n probleem en proaktief ’n oplossing geskep: jy’t liedjies in jou hart, maar jy speel nie ’n instrument nie? Moet nie kommer nie – daar is nou sagteware vir dit. Lees verder...
Mei 2025 - Werk slimmer met meer kreatiwiteit - nie harder nie!
As jy soos ek is het jy alreeds 'n paar projekte waarvan die kersies reeds brand, hoewel tyd nie noodwendig aan ons kant is wanneer dit by die werklike vervaardiging en kostes kom nie. Nie eers gepraat van die werklike voorsiene en onvoorsiene onderbrekings wat jou kreatiwiteit laat stol.
Op 'n stadium was daar aanbeveel dat jy soveel as moontlik liedere moet vrystel, ten minste een 'n week. Nou as jy 'n solo-span is, kan daardie uitbranding veroorsaak voor jy se mes. So beplanning is die beste plan om volhoubaar te kan skep. Lees verder...
Mei 2025 - 'n Klein rukkie terug het ek 'n jong dametjie leer ken oor sosiale media. Sy het gevra om oor whatsapp te gesels en het my gepeper met 'n hele klomp vrae gehad oor liedjkieskryf en produksie en met 'n helder klokkie stem vir my gesê: “Ek het vele liedjies in my hart—al wat ek kort is iemand om die musiek vir my te maak, dit op te neem en reg te kry, dat ek dit op Spotify kan sit. Dis al wat ek kort, net so een of twee om mee te begin, kan jy dit dalk vinnig vir my doen?”
Wat sy nie geweet het nie, is dat liedjies soos wyn is—dit vat tyd om te ryp. En behalwe daarvoor is die subsidie waarvoor sy vra in my produksiekoste-struktuur sowat R12000 werd en my tydbellegging 'n week na drie weke per projek om te voltooi. Dis 'n lywige guns as jy self meet en pas om projekte in beskikbare weke en produksietyd ingedeel te kry terwyl die lewe tussenin ook sy kurfballe gooi. Lees verder...
Julie 2025 - Wat wil jy met jou musiek doen en bereik?
So baie van die talentvolles wat ek oor die jare ontmoet het, weet dat hulle iets met hulle musiek wil doen. En baie keer weet hulle nie wat presies nie, net dat hulle wil sing, die behoefte het om op te tree, en dink - dat daar is lirieke en melodiee versteek in hulle argief.
Maar wat om te doen om dit te ontgin, en hoe om by die "werklike behoefte" uit te kom is 'n ander saak. Kan jy presies verduidelik wat dit is wat jy dink jou musiek gaan vir jou doen? Of vir ander? Wat jy wil hê is iets wat nie net ondersoek moet word nie maar met nuuskierigheid benader word. Lees binnekort verder...
Aug 2025 - Is die sterre belyn met jou musiek-droom of moet jy jou eie gids-ster wees? Meer as minder keer is jy jou eie gids-ster. Die gelukkige breuk wat mense sien gaan gewoonlik gepaard met uithou, vashou, ontwikkel, vorentoe beur, moeg en uitgeput voel, soms lus voel om op te gee en steeds, elke dag op te daag vir jou talent. Vir die manifestasie van die musiek wat deur jou hande, instrumente, pen en insigte gebore wil word.
Daar is gewoonlik baie min "geluk" betrokke. En baie werk wat tot die oomblik van deurbreek nie deur ander gesien is nie. En soms doen iemand alles wat hulle kan, neem die aksies en hulle perels word net gehoor deur 'n handjie vol luisteraars. Lees binnekort verder...
September 2025 - Jy is die een - die bepalende faktor.
Die musiek wat in jou brand - is jou baba. Jy het die skeppings-begeerte ontvan vir 'n baie goeie rede. Die meeste groter hoofstroom platemaatskappye, het 'n paar pasgeborenes, wat aangetrek en grootgemaak moet word, maar hulle gee die boskrif, onderskrif en keinskrif van hoe dit gaan gebeur - want hulle het al 'n paar sulke wenresepte uitgesit en weet wat werk vir hulle sak. Wanneer jy daar ingetrek word, het jy min beheer oor wat die musiek gaan wees wat jy sing. Bes moontlik, nie jou eie nie. So om uiting te gee aan die skepsel wat deur jou wil kom, gaan jy moet leer oor die konsepsie tot die geboorte van die liedjie-baba. Lees binnekort verder...
Ons glo in musiek wat saamsing, saamskep en saamgroei. Word deel van ’n beweging wat kreatiwiteit en samewerking vier – op die onafhanklike pad, saam. Ons klim saam die onafhanklike leer – een samewerking op ’n slag. Kom bou musiek saam met ander wat glo in kwaliteit, kreatiwiteit en gemeenskap. Gee vir ons jou terugvoer.