Tuis, Dienste, Blog, Videos, Kontak, Skakelsboom
Tuis, Dienste, Blog, Videos, Kontak, Skakelsboom
Ek is gebore in ’n familie waar musiek asemhaal – ’n “boere-orkes” huis vol sang, instrumente en ’n ma wat ons ore vir klank en ritme fyn ingestel het. Musiek het my anker geword, veral nadat ek as kind rumatiekkoors opgedoen het wat my hart en liggaam permanent geteiken het. Waar ander kinders gehardloop het, het ek binne gekeer – en my wêreld van klank, skets, skryf en musiek begin bou.
Van kleins af het ek klavier begin speel op gehoor, nuwe melodieë uit my vingers laat vloei sonder dat ek self kon verduidelik waar dit vandaan kom. Musiek was altyd vir my meer as notas – dit was ’n taal van oorlewing, uitdrukking en sin maak.
My reis het my deur groot fisiese uitdagings, gesondheids uitdagings en beperkings, mufvergiftiging, ’n byna-dood ervaring en ’n hartklepvervanging geneem. Elke keer het musiek my teruggebring – as troos, as inspirasie, en uiteindelik as roeping. Vandag skep en produseer ek musiek wat mense nie net wil hóór nie, maar ook wil ervaar. My ek het 'n gedeelde fokus - een wat lê in genesende en EMDR-geïnspireerde klankreise – musiek wat dieper gaan as net die oor, musiek wat die liggaam en siel help herstel. En 'n ander van my alternatiewe musiek, liriek en uitdrukking.
Ek is doodgelukkig agter die produseringstokke en weg van die verhoog af. Maar musiek en ek, kon mekaar nog nooit los nie.
Weergalm is 'n kreatiewe tuiste vir onafhanklike musiekskeppers, kunstenaars en luisteraars wat glo in die krag van egtheid, samewerking en stories wat in klank leef. Hier glo ons dat elke lied 'n reis begin eerstens by kreatiewe vryheid – waaruit lirieke en melodieë, tot by professionele vrystelling stroom – met die regte netwerk en ondersteuning en genoeg ondervinding om 'n rigtingwyser te kan wees vir die wat die pad begin of iewers tussen begin en publisering staan. Ons is 'n gemeenskap wat kunstenaars, vervaardigers wat buite die hoofstroom droom help groei, ondersteun en bemagtig, met keniis, wenke en oplossings wat wat werk, sodat hulle pad na hulle Indie sukses-storie 'n korter reis word as wat ons sin was.
Ons skep ruimte vir musiek wat uniek is, wat praat met die hart, en wat verdien om gehoor te word.
Tes Mayer Smith, die kreatiewe krag agter Weergalm, bring 'n unieke kombinasie van persoonlike ervaring en artistieke uitdrukking na vore. As 'n vrou met voete op die grond en 'n hart wat soms ver bo die aarde sweef, leef sy 'n gewone lewe met ongewone drome. Hierdie skeur tussen die alledaagse en die bonatuurlike vorm die kern van haar klank en kreatiewe uitdrukking. Haar daaglikse bestaan is vol lief en leed, triomfe en nederlae, en dit is juis in hierdie teenstellings waar haar musiek sy oorsprong vind.
Die verskillende personas van Tes – die liedjieskrywer, die musiekprodusent, die filosoof en die instrumentalis – werk saam om 'n ryk en genuanseerde klanklandskap te skep. As liedjieskrywer is sy 'n waarnemer en voelmens wat emosies en ervarings in lirieke omskep. As musiekprodusent dink sy in lae en soek balans tussen rou emosie en professionele klank. Die filosoof in haar vra vrae wat nie antwoorde soek nie, maar eerder sin en betekenis. En as instrumentalis gee sy klank aan stilte deur haar intuïtiewe en emosionele verhouding met instrumente.
Weergalm is dus nie net 'n platform vir musiek nie, maar 'n ruimte waar kreatiewe vryheid die stories, emosies en kreatiwiteit samekoms vooruitloop om 'n gemeenskap van ontwikkelende stemme die gereedskap en rigting aanwysers te gee om hulle werk van egtheid vry te stel. Dit is 'n plek vir diegene wat buite die hoofstroom droom, werk en deel – 'n plek waar musiek uniek is, met die hart praat, en verdien om gehoor te word.
Deur: Redaksie van Kreatiewe Weerklanke
In ’n wêreld waar klank dikwels geraas word en stories tussen algoritmes verlore raak, ontmoet ons vandag 'n stem wat nie vra om gehoor te word nie – sy beveel stilte om te luister. Tes Mayer, die skeppende gees agter Tes ALTERNAT!EF, het 'n pad geloop van pyn, transformasie en onwrikbare skeppingsdrang. Hier praat sy – onverskonend eerlik – oor musiek, identiteit, en hoekom sy nooit weer haar eie werk sal stilmaak nie.
Ek is die liedjieskrywer, die musiekskepper, die vervaardiger – die hart agter alles. Maar Tes AlternaTES? Sy moes ontstaan omdat daar eenvoudig te veel ander "Tesse" daar buite was. Ek wou uitstaan. Ek wens soms ek het myself “Weergalm” genoem, maar soos jy weet – ’n naam verander is nie iets ligs in hierdie bedryf nie. Tes Mayer is die skepper. AlternaTES is die een wat oplet as ek moeg is. Sy dryf my voort.
Ek het nog altyd van binne-dinge gehou. Ek was ’n kind met rumatiekkoors en hartklepskade, so ek het vroeër as meeste geleer hoe kosbaar stilte kan wees. Maar dit was eers ná ’n motorongeluk in 2015, en 'n baie intense buiteliggaamlike ervaring, dat dinge radikaal verander het. Ek het die wit lig gesien. En dit het my nie gevra om musiek te maak nie – dit het my beveel. Sedertdien het ek nie opgehou nie. Ek leer aanhoudend, ek bou alles self, en ek leef vir die ateljee.
Sy is die skeppingsdrang. Die een wat nie rus nie. Ek kan moeg wees, emosioneel uitgeput, maar Tes dryf my. Sy het tentakels – soos my skeppersgees – wat ná daardie ervaring begin uitsprei het. Musiek vloei soos nooit tevore nie. Sy is nie ’n persona nie, sy is die stem van oorlewing.
Ek – Tes Mayer Smith – is die entrepreneur. AlternaTES is die kunstenaar. Ek dink in stappe, sy dink in stories. Ek is realisties, sy is dromend en intens. Ons krap mekaar soms in die werksproses. Maar ek het al besef, ek kan nie meer net een wees nie. Ek moet albei wees om te bly leef.
Dat goedkoop duurkoop is. Ek het jare gemors op goedkoop programme en plugins omdat ek nie geglo het ek mag professioneel dink nie. Ek moes dit reeds sewe jaar gelede gehad het. En dat jy nooit te oud is nie – dis 'n leuen wat mense glo as hulle die mark laat besluit. Ek’s oor 30. Ek’s verby 40. En ek’t nog nooit so kreatief geleef nie.
Omdat dit nie professioneel gemeng en gemaster was nie. Ek’t gedink mense sal lag. En toe verloor ek ’n hardeskyf vol projekte tydens ’n trek. Dit was traumaties. Maande lank kon ek nie werk nie. Maar ek het daardie fout nodig gehad. Want nou weet ek – dis beter om iets rou daar buite te hê, as iets perfek in vergetelheid.
Dat jy moet jonk wees. Glans hê. Inpas. Ek’t probeer klink soos populêre musiek, maar dis nooit vir my bedoel nie. Ek is alternatief. Ek is anders. Ek pas nie by platemaatskappye nie. En dis nou vir my okay. Ek’t my plek gevind – dit bestaan buite die “radio”.
Vir mense wat luister met hul derde oor. Vir die wat nie bang is vir stilte nie. Vir die wat weet dat pyn ook ’n klank kan hê. My styl is ’n mengsel van folk-celtic, pop en rock. Nostalgies. Reflekterend. Soms bitter, soms sarkasties. Ek skryf soos ek asemhaal – nie om geld te maak nie, maar om nie te stik nie.
Leer wie jy is. Dis nie net ‘n cute mantra nie – dis noodsaaklik. Moenie net sing omdat jy kan nie. Sing omdat daar iets is wat uit jou moet kom. Dis die verskil tussen 'n stem en 'n vuur.
Toe ek siek geword het, moeg van veg, en nie kon uithou tussen mense nie. Maar ek het my ateljee gebou soos ’n toevlug. Hier binnekant was ek veilig. Hier kon ek bou. Nou is ek te oud om my meer te steur aan pas of nie pas nie. Ek doen my werk – getrou, op my eie formaat, met my eie reëls.
Ja. Tes laat my kyk met sagter oë. Sy’t meer deernis as ek. Ek raak maklik uitgeput – sy hou aan sing. Ek dink sy's die weerklank van die deel van my wat nooit wou stil word nie. En as ek nou moet kies? Dan is ek liewer Tes – of niks.
Soek haar op al die platforms waar jy musiek voel, nie net luister nie. Weergalm is aan’t groei – en jy sal dalk net iets van jouself daarbinne hoor terugkeer.
Tes ALTERNAT!EF is ’n Afrikaanse kunstenaar wat musiek leef as taal en roeping – ’n eerlike, eksentrieke stem vir diep denkers. Haar werk sny reguit deur sosiale geraas met temas van transformasie, waarheid, en innerlike ontwaking. Sy glo aan kuns as ’n daad van deernis, en leef haar musiek met ’n missie: om waarde te skep, sin te soek, en ruimte oop te maak vir egtheid en hoop.
Suid Afrika (Ons vir jou Suid Afrika) is geskryf 'n paar jaar terug uit 'n gedig wat 'n ou kokedoor vir my "persent" gegee het. Ek was eers nie lus om dit te toonset nie want dit het vir my 'n negatiewe konnektasie gehou. Tog is dit ons Suid Afrika. Vol misdaad, plunder, misbruik van midele en meer. Die land wat ons lief het.
Blom waar jy geplant is. Hierdie stelling het vir my soveel meer betekenis vandat ek in Brittanje gaan besoek het. Suid Afrika loop deur ons are. Daar is geen plek soos Suid Afrika nie, en geen mense soos ons mense nie.
Suid Afrika! Ek het jou lief! Ons sal jou in ons harte dra! Ons sal antwoord op jou roepstem, Ons sal offer wat jy vra, ons sal lewe, ons sal sterwe! Ons vir jou Suid Afrika!
Lirieke:
Uit die blou van onse hemel
Uit die diepte van ons see
Oor ons ewige gebergtes
Waar die kranse antwoord gee
Ek sien 'n land vergaan
In vuur en rook opgaan
Waar ons vreedsaam
Kon kom en gaan
Daar's vergryping selfsug plundering
Mense staan verwonderend
En staar, en staar
Ek sien stede dorpies strate
In puin gelê
Wat sal ons oorhê
Vir ons kinders oor hê?
Gevaarlike strate
Bekommerde gewate
Wat vir jou vra
Is jy daar?
Suid Afrika
Ons mooie land
In rou toegevou
Gevoed met haat en kwaad
Onder die hemel blou
Suid Afrika
Ek het jou lief
Ons sal jou in ons harte dra
Deur ons ver verlate vlaktes
Met die kreun van ossewa
Ruis die stem van ons geliefde
Van ons land Suid Afrika
Grafiti mure
Geskende beelde
Manne en vroue wat vrese ken
Wat vrese ken
In aanbidding bly getrou
Op ons knieë te vertrou
Om ons te verlos
Uit die brand gemors
Ek sien strate wat wemel
Mense rondom my
Wat veg
Teen 'n nuwe generasie slawerny
En ek sluit my hart se deure toe
In smart oor 'n land wat huil en treur
Dis so verkeerd
Suid Afrika
Ons mooie land
In rou toegevou
Gevoed met haat en kwaad
Onder die hemel blou
Suid Afrika
Ek het jou lief
Ons sal jou in ons harte dra
Ons sal antwoord op jou roepstem
Ons sal offer wat jy vra
Ons sal lewe
Ons sal sterwe
Ons vir jou Suid Afrika
Ons vir jou Suid Afrika
Ons vir jou Suid Afrika
Ons vir jou Suid Afrika
Ons vir jou Suid Afrika
Ons vir jou Suid Afrika.
©Tes Mayer Smith / Jan Nel
Dit is een van daardie liedjies, die naam alleen wil jou laat luister. Want dis 'n minne-erkenning, 'n liefde en verlange na 'n land wat almal versorg en nie verniel nie, want ons het soveel. Daar is genoeg om almal te versorg.
Dis een van daardie songs, toe ek die woorde gekry het, het ek gesug en gedink, nee, daar is genoeg bekommernisse in ons land, 'n liedjie daaroor? Nog een? Is dit 'n goeie idee?
Dog het ek klaar ingestem om die toonsetting en die demo te doen. En net soos Suid-Afrika, groei hy soos 'n moskombersie oor jou. Suid-Afrika.
Brief aan my hemelse Pa. 'n Gedig-brief van 'n konings-dogter se verniel en reddingsmeking.
Almal van ons het al iemand aan die dood afgestaan, maar wanneer iemand sterf aan sy of haar eie hand is daar 'n dieper rou as gewoonlik. 'n Ondersoekery van wat jy kon en moes en al die "asse" van elke oproep, elke kuier.
Nadia het hierdie "gedig / brief" geskryf, en om hulp geroep, en is nie gehoor nie. Ongelukkig is dit te veel keer so dat mense eers luister, wanneer dit te laat is.
Sy het begin om klavier te leer speel, sy was so lief vir sing en sy het haar seuntjie so verskriklik lief gehad. Genade onbeskryflik groot wou sy so graag speel. Sy het 'n diep smagting gehad dat "Vader" haar sou aanraak.
Nadia se brief, het 'n lied geword, maar dit het lank gevat, want die rou was so diep en so vlak dat ek dit nie kon sing nie. Die tyd het aangebreek om haar smekings-gedig te sing.
Lirieke:
My kop kan ek nie lees nie
Dit maak nie sin
My hart kan ek nie breek nie
Hy is verniel
My liefde kan ek nie wys nie
Ek weet nie hoe
My siel kan ek nie voel nie
Hy skuil waar ek nie kan sien nie
My woorde kan ek beheer nie
Dit gly van my tong af
My emosies kan ek nie kies nie
Dit kom van self
Genade onbeskryflik groot
Het U aan my bewys
Verlore dogter
Wegloop kind
Weer in die Vader huis
Vader U kan my kop lees
U weet hoe
Vader U sal my hart nie breek nie
U maak hom heel
Vader U sien my liefde raak
U kyk niks mis nie
Vader U sien my siel
Niks skuil van U af nie
Vader U weet wat ek sê
En tog vergewe U my
Vader U weet hoe ek voel
En ek weet net U kan help
Oeh Oeh Oeh Oeh Oeh Oeh
Brief aan my hemelse pa
Oeh Oeh Oeh Oeh Oeh Oeh
Brief aan my hemelse pa
Oeh Oeh Oeh
Ek is die naam van kind nie werd
Wou self my sake reëll
My lewens kanse tyd en geld
Is nutteloos verspeel
Maar U sien ver
Oneindig ver
U sien my honger dors
Want toe ek nog my skuld bely
Druk U my aan U bors
©Tes Mayer Smith / Nadia Greeff
Ek het haar gedig gevat, hoe kon sy ons los, ons was veronderstel om nog te kuier. Ek moes haar gaan haal en nou is sy weg. Sonder "totsiens", sonder "help my asseblief". Ek het die gedig getoonset en haar gunsteling geeslike lied daarby ingewerk, maar die knop in my keel het my nie toegelaat om dit te sing nie. Die skuldlas was net te swaar. Daar is nie 'n week wat verby gaan sonder dat ek aan haar dink nie. Die las van verlies, veral as iemand so jonk was en die stryd van "wat as" en "hoekom het ek nie". Dalk eendag sal ons ten volle verstaan. Nou kan mens net 'n "Brief skryf aan ons Hemelse Pa"
Vyf woorde wals is ‘n alleen wals. ‘n Totsiens wals. ‘n Wals wat jy met jouself dans om jouself terug te eien. Daar is wel ‘n liefdes konnektasie maar die wals gaan oor “dinge, mense, gebeurtenisse en meer” wat nodig is om te laat gaan. Soms kan ons iemand net van ver af lief he. Dit is nou maar so. Liefde is soos ‘n bankrekening. Om te balanseer moet daar depositos en onttrekkings gebeur. As daar net onttrek word, raak die rekening bankkrot.
Lirieke
So eensaam vir jou
In die middernag
Trane wat brand
Tot dit my verblind
Drie uur in die oggend
Hier lê ek nou
So eensaam dit reën
Uit my grys-groen oë
Was dit 'n verstrikking
Vyf woorde van verraad
Dan lyk die vyf woorde
So swak en so swart
Vyf woorde van liefde
Vyf woorde ongedaan
Vyf woorde so eensaam
Vir my laat jy gaan
So eensaam vir jou
In die skemer lig
Nou dat dit verby is
Sien ek dit vir wat dit is
So eensaam vir jou
Met jou onvermoë
Om die vyf leë woorde
Se vuur te blus
Die lokval oorweldig
En die teiken oorwin
Geen wenner te midde
Van die vyf woorde jig
Vyf woorde van liefde
Vyf woorde ek is lief vir jou
Vyf woorde teruggeneem
Geen trane vir jou
Was dit 'n verstrikking
Vyf woorde verraad
Dan lyk die vyf woorde
So swak en so swart
Vyf woorde van liefde
Vyf woorde ongedaan
Vyf woorde so eensaam
Vir jou laat ek gaan
©Tes Mayer Smith
Ek was in so 'n "los my uit" bui. Hartseer, omge-ellie". Niks het mooi gewerk nie. En daar is hierdie hartseer wals wat net die regte luim is vir die mislike gevoel. Dankie tog dat "ook dit gaan verby". Net die ewigheid is vir altyd. En selfs die hartseer liedjies vertel vir ons dat 'n ander het ook so gevoel, dis menslik. Trane moet stort, ons moet dit voel sodat ons kan afskeid neem. Soms is mense daar vir 'n hoofstuk, soms vir 'n seisoen en soms is mens gelukkig genoeg om 'n boek aam met iemand te skryf en 'n sak sout op te eet. Vir die ander luister "Vyf woorde wals"
Vir my was dit ‘n klomp klippe in my siels-rugsak, dit was te swaar, en die kersie op die koek, die langtermyn siek wees. Ons sosiale opstelling, gemeenskappe, invloed-kringe en liefdes-lywe is opgestel om te jaag, te werk, te doen. Ons is opsoek na geluk of darem ten minste tevredenheid. Ons begrip van vrede, welvaart, geluk en waar ons “behoort” te wees volgens ons sosiale, persoonlike en publieke status sit baie onnodige druk op ons om te presteer, uit te styg, beter te wees, te ontwikkel, te blom. Maar soms is dit nodig om eers wortels in die grond te druk. En jou spasie te herdink…
Lirieke:
Het jy geweet
Dat 'n simpel boom
Wysheid gee
In hoe om te floreer
Soos die saad lê en wag vir reën,vir die son
Om te kiem en ook die lig te sien
Om tot 'n lewenslange blaarrykgroen
Bloeisel-pienk reus te groei aan die ander kant
Jy moet net geduldig wees
Om af te groei
Laat die saad uit spruit
Druk deur die donker klam
Deur die weerstand ja
Die donker nag van die siel
Sien dis die werk in die donker klam
Wanneer niemand anders sien
Wat die gemak van die groei
Bring as jy breek deur die grond
Het jy geweet, dat 'n simpel boom
Toon geduld, om oor te gee en leef
Soos die saad lê en wag sorgloos omtrent die weer
Om te kiem en ook die son te sien
Om tot 'n lewenslange blaarrykgroen
Koelte reus te groei aan die ander kant
Jy moet net geduldig wees
Om af te groei, laat die saad uit spruit
Druk deur die donker klam
Deur die weerstand ja
Die donker nag van die siel
Sien dis die werk in die donker klam
Wanneer niemand anders sien
Wat die gemak van die groei
Gee as jy breek deur die grond
Druk deur die donker klam
Deur die weerstand ja
Die donker nag van die siel
Sien dis die werk in die donker klam
Wanneer niemand anders sien
Wat die gemak van die groei
Gee as jy breek deur die grond.
©Tes Mayer Smith
Toe ek "Donker nag van die siel" geskryf het, het ek geweet dit gaan oor my, maar dit gaan oor almal. Wanneer ons deur die diep donker tye van ons lewe gaan voel dit of ons nooit ooit weer die lig of die son gaan sien nie.
Dis vreesaanjaend, want niemand anders kan jou werklik bystaan nie, dis jou pakkie alleen, en jy wonder: "Is daar dan iets hieruit te wen?" Maar in swaar tye groei die innerlike krag, die gronding, soos die wortels van 'n boom wat ondertoe groei soos die stam, takke en blare boontoe groe. Hou net uit. Een van die daai is dit lente en die bloeisels kan blom dat die vrug kan kom.
In ‘n tyd waar alle invloede opgestel is om ons aan te moedig om die vrug van die vlees te leef,om onsself te laat geld, te verdedig en te regverdig. Dit is ‘n besonders tipe van “radikale versetting” om die vrug van die gees te leef. Dis tog ver beter om die vrug van die gees te toon as die gawes van die gees omdat liefde ‘n werkwoord is en geduld, vrede, vreugde, vriendelikheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing altyd die lewe net kan verbeter. Ek kies radikale versetting teen die globale aanvalle op die vrug van die gees.
Lirieke:
Dit is 'n radikale daad van versetting
Om maniere te vind om te floreer te midde
Soos 'n blom wat spruit uit die sypadkraak
Ten spyte van vyandige magte
Moenie net droom
Maar wees die lig en glimlag
In 'n beter tipe wêreld
Wees jy dit wat jy wil sien
In die plekkies waar jy loop
Kruip uit jou gemaksugdop
Staan op, staan sterk
En gee baba tree
Vind redes om die lewe te vier
Leun net meer in vreug en dankbaarheid
As elke tweede Jan rap en sy ma
Hul verlustig en versugtig in jou
Veg en vlug
Moenie net droom
Maar wees die lig en die glimlag
In 'n beter tipe wêreld
Wees jy dit wat jy wil sien
In die plekkies waar jy loop
Kruip uit jou gemaksugdop
Staan op, staan sterk en gee baba tree
Vertrou daar is nog goed in die wêreld
Wees jy dit wat jy wil sien
Weer en weer
Dit is 'n
Radikale daad van versetting
Om 'n oor en 'n skouer en 'n toevlug te wees
Stem maar in en verskil
Gee drukkie en vra
Hey-ey-ey wat het met jou gebeur?
Wat is jou droom?
Wat is jou vrese?
Ons is net mens
Al voel ons vreemdeling
Wees jy dit wat jy wil sien
In die plekkies waar jy loop
Maak die genade kraantjies oop
Mmm Oeh
Mmm Oeh
Kruip uit jou gemaksugdop
Staan op, staan sterk en gee baba tree
Vertrou daar is goed oor in die wêreld
Wees jy dit wat jy wil sien
Ek sê vir jou
Dis 'n radikale daad van versetting
Om 'n oor, en 'n skouer en 'n toevlug te wees
Stem maar in en verskil
Gee 'n drukkie en vra
Hey wat het met jou gebeur?
Wat is jou droom?
Wat is jou vrese?
Ons is net mens
Al voel ons verworpeling
Wees jy dit wat jy wil sien
In die plekkies waar jy loop
Wees die verandering oor en oor
Mmmm mmm mmm Oeh
Op 'n aarde waar genade, vriendelikheid, geduld en medelye minder sigbaar word soos die tyd aanloop. Ons sien hoe die oorlading van inhoud en opninies as "wet" aangebied word en hoe 'n oog vir 'n oog aangemoedig word rondom ons.
Maar ons is nie gemaak om in te pas nie. Ons is veronderstel om uit te staan. Om ons te verset teen die magte, kragte en prinsipale, en te roep op die Een wat ons in staat stel om dit te kan doen.
Radikale versetting is juis 'n versetting teen die hoofstroom afwyking van liefde, hoop genade en medelye.
Dis so maklik om te boelie, in die tyd waar ons leef veral. Waar ‘n sleutelbord en skerm tussen vlees en bloed staan. Mens kan dink wat jy wil en dit ook uiter, tog behoort dit verrykende gevolge te dra wanneer dit aftakel en nie opbou nie.
Daar was 'n hewige geveg aan die gang op sosiale media so 'n rukkie terug. Nie die sleutelbord-vegters nie, videos wat ontevredenheid uitgespreek het en ander baie kras. Jy weet 'n mens kies mos om vet te wees soos jy kies om blond te wees, of selfs siek te wees. Dit is nie werklik so eenvoudig soos dit nie, maar dit is heelaas wyser om te swyg. As ons immers die volgende vra voor ons spreek, kan ons dalk meer grimmigheid afweer. Wat dink jy van die "WINDBUKS SKOFFEL"?
WINDBUKS SKOFFEL
W - Is dit die WAARHEID?
I - Is dit INSPIREREND?
N - Is dit NODIG?
D - Maak dit dinge DRAAGLIK?
B - Is dit BEDAGSAAM?
U - Is dit UITMUNTEND?
K - Is dit KLEINLIK?
S - Is dit (dik)-SLIM?
So, kry ons die WINDBUKS of kry ons die teer? Om die sot te veer, aapstert te gee, want ons ken genade, of roep Antjie Somers. Maar as jy volhard, kan ons bordjies verhang.
Soms is dit maar moeilik
Soms is dit maar swaar
Met 'n tong soos 'n skeermes
En swaard vol straf
En vir daardie rede
Sit baie maar strak
Tussen die duiwel en die diep see
En trane vlak
Daar is hierdie sê-ding
Daar is hierdie raad
Voordat jy spreek
Dink maar twee maal na
Voor wat in jou hart is
By jou mond uitloop
En die sot in jou swaard
Aan die wêreld vertoon
So kry ons die windbuks
Of kry ons die teer
Om sot te veer
Aapstert te gee
Want ons ken genade
Of roep Antjie Somers
Maar as jy volhard
Kan ons die bordjies verhang
W: Want, is dit die waarheid
I: Inspireer jy die goeie
N: Is dit werklik Nodig
D: Maak dit dinge Draaglik
B: Is dit Bedagsaam
U: Uitmuntend
K: Of Kleinlik
S: en Slim
Swyg laat plek vir wonder
Wyl die sot uitbasuin
Soms is dit maar moeilik
Soms baie swaar
Dis botter aan die galg smeer
Dit heel die hart sowaar
En vir daardie rede
Haal die doring uit die vlees
Ruk die boontjie in die bek
En gee loontjie aan die gek
So kry ons die windbuks
Of kry ons die teer
Om die sot te veer
Aapstert te gee
Want genade is volop
Waar galbraak oortree
So kry ons die windbuks
Of kry ons die teer
Om die sot te veer
Aapstert te gee
Want daar's baie genade
Horrelpyp danse
En met hand en met tand
Sal ons help waar ons kan.
©Tes Mayer Smith
Ek het baie gewig opgetel die laaste paar jaar, en die dokters speog en plak en raai, en daarvoor moet jy duur konsultasiegeld betaal, en toe 'n kersie op die koek, iemand wat nog nooit met gewig gesukkel het nie naak die stelling op tiktok. "Wel, as jy vet is kies jy mos maar om vet te wees"
En die zippie maak oop, en die vingers wil net tik en vir die vrou haar fontuin vertel. En toe besluit ek nee nee, 'n liedjie sal tog veel beter wees om te vertel hoe my binneste teen hierdie stelling skop.
#HennievanWyk #Boertjie van my is lief om te gesels in gedigformaat, en omdat ek antwoord in gedig het dit ‘n kommunikasie-soort geword tussen ons. Waarna een van sy lekker slaap boodskappe ontaard het in die liedjie “‘n Mens soos jy”. Partykeer is die aanslae van die lewe net te lank en te veel, en jy weet mense probeur jou aanmoedig, opbeur en uit die gat trek, maar jy het op die bootjie tussen die golwe beland en jy kan niemand se geroep hoor nie.
‘N Mens soos jy is ‘n lied wat se, jy weet my lewe is deurmekaar, en tog aanvaar jy my, jy weet ek sukkel om my voete te vind, en tog is jy daar met ‘n sagte woord. Dis ‘n mens soos jy, wat my mens laat bly.
Lirieke:
Stil liewe liefling
Swyg nou maar
Sluit jou oe en slaap nou maar
Swyg nou maar
Swyg nou maar
Lekker dux my gunsteling
Wyl die storms woed
Hier binne my
Hier binne my
Soete nagrus skattebol
My bootjie kraak
En vat die vloed
Hy vat die vloed
Die fondamente kraak
Maar ek sal nie staak
My hande gly
Maar ek sal bo bly
Dis 'n mens soos jy
Wat my mens laat bly
'n Mens soos jy
Wat my laat wysheid kry
'n Mens soos jy
'n mens soos jy
Dis 'n mens soos jy
Jy laat my skoon vergeet
Van my spoorloos lewe
En my sorge streep
'n Mens soos jy
'n mens soos jy
Stil liewe liefling, Stil liewe liefling
Stil liewe liefling, Stil liewe liefling
Swyg nou maar
Stil liewe liefling, Stil liewe liefling
Stil liewe liefling, Stil liewe liefling
Swyg nou maar
Die fondamente kraak
Maar ek sal nie staak
My hande gly
Maar ek sal bly baklei
Dis 'n mens soos jy
Jy katrol my in
'n Mens soos jy
Jy laat my grond herwin
'n Mens soos jy
'n Mens soos jy
Dis 'n mens soos jy
Jy laat my weet besef
Daar's vreugde oor die laaste golf
'n mens soos jy
'n mens soos jy
Lekker dux my gunsteling
Wyl die storms woed
Hier binne my
Hier binne my
Soete nagrus skattebol
My bootjie kraak
Maar ek is vol van moed
Ek is vol van moed
Stil liewe liefling
Swyg nou maar
Sluit jou oe en slaap nou maar
Sluit jou oe en slaap nou maar
©Tes Mayer Smith / Hennie van Wyk
'n Sagte woord keer die krimmigheid af. Soms is 'n sagte woord genoeg om te vertroos en iemand moed in te praat, te midde van swaar tyd en 'n moeilike pad wat hulle moet stap.
"'n Mens soos jy" is 'n dankie lied. Dankie dat jy daar is en nie veroordeel nie, want hoewel ek probeer uit die gat klim voel ek soms net of ek verdrink. Dankie dat jy altyd bereid is om te luister sonder om raad te gee. Sommer net luister na my klaery sonder om aanstoot te neem, sonder om my af te keur.
Ons ken die meeste van die tyd slegs die oppervlak van ‘n persoon. Tyd saam, ‘n grondpad (‘n Spesiale brousel van rooibos, truksvy en gin) om ‘n tafel onder die bloekombome en ‘n prag geskrewe stuk wat vertel hoe sy #Diepsiel die plaas, die natuur, die kos en die mense om haar sien, laat jou terug staan en besef. Ekt jou vlak gevat. Jy is ‘n #Diepsiel #WilmienGodfrey wat toe ek vir haar vertel dat ek ‘n lied skryf, sy dadelik se, kan ek bydra, ek sal vir jou skryf hoe ek die plaas restaurant sien, dan kyk jy of jy jou lirieke kan aanpas daar rondom. Dis pragtig Wilmien. ‘n Lied is ook net so lank en ek kon nie eers iets oor die honde of die donkie inkry nie. Maar, hulle stap ook die Melkkan pad.
Lirieke:
Ek ken 'n plek
Wat jou siel bedek
As jy stof opskop daar
By die plaaspad hek
Gedagtes wat dweep
Oor die lewe se greep
En op die plattelandse aarde
Voel jou siel weer waardig
Jy kan dit aan die katel hang
Met die echo gebrul van die leeu se sang
Diepsiel stap die melkkan pad
Los die verlede op die sinkplaaspad
Waar die kruise soos gebede staan
Kom haal die vrede daar
Diepsiel waar kan jy my vat
Waar seisoene my aan God oorlaat
As ek staan daar by jou piekniekbos
Bring jy die boeretroos
Diepsiel stap die melkkan pad
Oeh, die melkkan pad
Ek ken 'n plek
Waar jy jou menswees verkwik
En die sang van bloekombome
Musiek maak in jou ore
Hier mag jou siel wees
Net wat jou hart troos
Ons versamel klein genades
En laat die stiltes in jou hart bons
Koester-kos wat alle pyn verdof
En dissipels van die ritme wat om jou pols
Diepsiel stap die melkkan pad
Los die verlede op die sinkplaaspad
Waar die kruise soos gebede staan
Kom haal die vrede daar
Diepsiel waar kan jy my vat
Waar seisoene my aan God oorlaat
As ek staan daar by jou piekniekbos
Bring jy die boeretroos
Diepsiel stap die melkkan pad
Oeh, die melkkan pad
En ons kort 'n bietjie liefde
'n bietjie van daai vrede
Nostalgie en tradisie
'n Piekniek en 'n jintjie
'n Glimlag vir jou bure
En 'n grondpad voor ek sê dat eks lief vir jou
En ons kort bietjie genade
'n soeke na ons waarde
Kyk in die verlede
'n Dankie vir die hede
Meer stukkies van die dinge
Die dinge wat vertel dat eks lief vir jou
Diepsiel stap die melkkan pad
Los die verlede op die sinkplaaspad
Waar die kruise soos gebede staan
Kom haal die vrede daar
Diepsiel waar kan jy my vat
Waar seisoene my aan God oorlaat
As ek staan daar by jou piekniekbos
Bring jy die boeretroos
Diepsiel
©Tes Mayer Smith / Wilmien Godfrey
So tussen die bloekombome en paddas se sang, tussen die leeus wat brul en die swane wat swaan het my siel gesluister, hierdie plek is so mooi, dit kort 'n gesang aan die Skepper. Kyk hoe mooi, hoor die natuur se liedere. Ek het nog nie eers geweet die lied gaan geskryf word of dat die naam "Diepsiel" sou wees nie, eers toe ek vir tannie Wilmien vertel dat ek dink ek wil 'n liedjie skryf toe vra sy, laat ek tog iets skryf om die musiek te inspireer, en toe ek haar gedig ontvang besef ek dat sy nie sommer net bolangs deur die lewe gaan nie, sy is voorwaar 'n "Diepsiel".
Mense wat lang siekbeddens gehad het sal met my saamstem dat ‘n mens anders na die lewe kyk wanneer herstel begin intree. Eenvoud begin soveel meer beteken. Vrede, lekker kos, diere-kinders wat gelukkig en tevrede is. ‘n Tuiste wat tevredenheid kweek. En beurte om koffie te maak vir jou liefie. Want dis kosbaar om te leef! Hey hey!
Lirieke:
Ek staan op
Dis 'n nuwe dag
Die sonsopkoms kruip nader
Ek maak oop
Laat nagkoel in
Geseënd ons haal nog asem
Vee slaap uit my oë
En ek hoor
Asem in, asem uit
Spring op
Dis kosbaar om te leef
Kry die bekers uit
Sit die ketel aan
Maak dit sterk soos die liefde wat ons deel
Soen, soen 'n beker liefde
Vir die siel aan my geleen
Hey, hey
Ek is op
Dis 'n nuwe dag
Die son verdryf die duister
Luister diep, luister mooi
Na die asempies wat fluister
Ek val oor my tree
En ek weet
Hey, hey, hey
Asem in, asem uit
Spring op
Dit is kosbaar om te leef
Kry die ketel aan
Kry die bekers uit
Maak dit sterk soos die liefde wat ons deel
Soen soen, 'n beker liefde
Vir die siel aan my geleen
Ek maak koffie vir my liefie
Ek maak koffie vir my skat
Soen soen, 'n beker liefde
Vir die siel wat ek bemin!
Soen soen, 'n beker liefde
Soen soen 'n beker liefde
Vir die siel wat ek bemin
Hey, hey!
Jy sit op, dis 'n nuwe dag
Die stale vloei van buite
Jy gaap lank
Vat die koffie aan
Geseënd ons haal nog asem
Vee slaap uit jou oë
En ek hoor
Asem in, asem uit
Spring op
Dis kosbaar om te leef!
Hey, hey
Dis kosbaar om te leef
Hey hey hey
©Tes Mayer Smith
Ek was vir 'n lang tyd baie siek. 'n Mens vergeet soms om medelye te toon vir die wat hierdie beker moet drink, dit was swaar maar het ook goeie vrugte gelewer, wat ek nie toe kon sien nie.
Ek het almal maar op 'n afstand gehou, ek het gewonder hoe lank ek gespaar sou bly. 'n Vriend wat soms gesels het en soms net bemoedig het, het toe self die bitter pil gesluk en die poorte net net gemis. Nou is hy my liefie, en ons weet dat more nie vir enige iemand beloof is nie. So maak maar die koffie, die koffie vir jou liefie. Dis dalk die laaste een wat jul deel.
As ’n musiekskepper, liedjieskrywer en sanger is ek diep bewus van die kreatiewe proses en die mag wat musiek het om mense te inspireer, te genees en te verenig. Ek sien myself nie net as ’n kunstenaar nie, maar as ’n kanaal waardeur musiek vloei—’n stukkie hemel wat ek met die wêreld deel.
My musiek is ‘n eklektiese vermenging van eksperimentele, kontemporêre klanke, met diegene wat ek diep verwant voel—van volk en Celtic instrumente tot rock en alternatiewe aanslag. My klank is ‘n fusie van invloede wat van Slawiese en Noordse elemente tot Amerikaans en etnies strek, maar wat nie stagneer nie en voortdurend nuut en vars aanvoel. Ek glo in die mag van musiek om nie net emosie oor te dra nie, maar ook stories van oorlewing, hoop en geestelike hernuwing.
Ek is nie net op soek na ‘n gehoor nie; ek is op soek na mense wat die reis saam met my wil maak. Dit is wat my dryf om my projekte uit te brei, van die persoonlike “My Lewe in Liedjies”, tot die geestelike hernuwing wat ek in die tweede projek wil skep, en die derde wat in kollektiewe samewerking en duette met ander kunstenaars sal wees.
My musiek is nie net vir diegene wat luister nie—ek wil elke persoon wat dit ervaar, betrek en aanmoedig om aktief deel te wees van die reis. Ek glo in die krag van samewerking, maar ook in die genade wat in die eenheidsgees van musiek te vind is. Dit is wat my die dryfkrag gee om deur alle uitdagings van musiekproduksie te beweeg, en ek hoop om ander te help om vinniger te ontwikkel en hul eie musiekdoelwitte te bereik.
“Musiek is nie net wat ek maak nie—dit is wat ek leef.”
"As ’n musiekskepper, liedjieskrywer en sanger is ek diep bewus van die kreatiewe proses en die mag wat musiek het om mense te inspireer, te genees en te verenigen mens se gemoed te lig. Ek sien myself nie net as ’n kunstenaar nie, maar as ’n kanaal waardeur musiek vloei—’n stukkie hemel wat ek met die wêreld deel.
My musiek is ‘n eklektiese vermenging van eksperimentele, kontemporêre klanke, met diegene wat ek diep verwant voel—van volk en Celtic instrumente tot rock en alternatiewe aanslag. My klank is ‘n fusie van invloede wat van Slawiese en Noordse elemente tot Amerikaans en etnies strek, maar wat nie stagneer nie en voortdurend nuut en vars aangewend word. Ek glo in die mag van musiek om nie net emosie oor te dra nie, maar ook stories van oorlewing, hoop en geestelike hernuwing.
Ek is nie net op soek na ‘n gehoor nie; ek is op soek na mense wat die reis saam met my wil maak. Dit is wat my dryf om my projekte uit te brei, van die persoonlike “My Lewe in Liedjies”, tot die geestelike hernuwing wat ek in die tweede projek wil skep, en die derde wat in kollektiewe samewerking en duette met ander kunstenaars sal wees.
My musiek is nie net vir diegene wat luister nie—ek wil elke persoon wat dit ervaar, betrek en aanmoedig om aktief deel te wees van die reis. Ek glo in die krag van samewerking, maar ook in die genade wat in die eenheidsgees van musiek te vind is. Dit is wat my die dryfkrag gee om deur alle uitdagings van musiekproduksie te beweeg, en ek hoop om ander te help om vinniger te ontwikkel en hul eie musiekdoelwitte te bereik."
“Musiek is nie net wat ek maak nie—dit is wat ek leef.”
NAAM: Tes ALTERNATIEF
Uit Tes se mond: "Ek is nie net op soek na ‘n gehoor nie; ek is op soek na mense wat die reis saam met my wil maak. Dit is wat my dryf om my projekte uit te brei, van die persoonlike “My Lewe in Liedjies”, tot die geestelike hernuwing wat ek in die tweede projek wil skep, en die derde wat in kollektiewe samewerking en duette met ander kunstenaars sal wees.
My musiek is nie net vir diegene wat luister nie—ek wil elke persoon wat dit ervaar, betrek en aanmoedig om aktief deel te wees van die reis. Ek glo in die krag van samewerking, maar ook in die genade wat in die eenheidsgees van musiek te vind is. Dit is wat my die dryfkrag gee om deur alle uitdagings van musiekproduksie te beweeg, en ek hoop om ander te help om vinniger te ontwikkel en hul eie musiekdoelwitte te bereik."
🎶AGTERGROND:
Haar agtergrond en die inspirasie vir haar musiek, bv. haar vermoë om musiek te skryf wat emosioneel resonereer met haar gehoor, en haar diep respek vir musiek as ‘n medium vir selfuitdrukking. Drie projekte wat op die oomblik verwesenlik word is “My Lewe in Liedjies”, 'n geestelike musiek projek wat sy noem "Die Ark", en haar kollaborasie projekte.
🎶GENRE:
Eksperimenteel, Kontemporêr, Volk, Celtic, Rock, Alternatief, Geestelik, Afrikaans
🌱 VERMOëNS & PERSOONLIKHEID:
'n Veelvlakkige kunstenaar wat emosionele en geestelike diepte in musiek plaas. Sy is gedrewe om haarself as 'n onafhanklike musiekskeper te bevorder, terwyl sy ook ander bemagtig om vinniger as wat sy self ontwikkel het, te groei. Haar werk fokus op alternatiewe boodskappe wat 'n positiewe impak kan hê op mense wat deur moeilike ervarings beweeg.
🎙️ STEMPROFIEL:
Unieke, emosioneel gedrewe stem wat energie en suiwerheid in elke noot dra.
🎨 STYL:
'n Mengsel van Celtic, Volk, Rock en Alternatiewe met ’n Afrikaanse basis. Soos 'n artistieke reis deur die siel, met invloede van Slawiese, Nordiese en Americana musiek wat jou gedagtes en gevoelens deur melodieë en lirieke dra.
🎤 STEM KENMERKE:
Haar sang is diep emosioneel, dikwels introspektief en opreg, wat die luisteraar toelaat om die hart van die liedjie te ervaar. Haar vermoë om storie en musiek na mekaar toe te bring, laat haar liedjies lewendig voel, wat die luisteraar in 'n reis van selfontdekking en vernuwing neem.
💭 UNIEKE KENMERKE:
Haar vermoë om emosies aan te raak en 'n verhaal te vertel deur musiek wat nie net gehoor word nie, maar gevoel word.
Ek is liedjieskrywer, musiek-skepper en opnemende kunstenares. 'n Hele mondvol.
Die lewe loop snaakse draaie. Ek het as jong kind van 4 rumatiekkoors gekry wat my aorta en mitraal klep beskadig het. Het gedeel met 'n tekort aan suurstof, vertraagde groei, outo-immuunsiekte van daar af en om als te kroon met PCOS gedeel.
Ek was 'n stil kind, kuns en kultuur kind, gehou van dinge met my hand skep kind, talentvolle sangeressie en kon voor die klavier sit en wysies speel nadat ander ure die bladmusiek geoefen het. Ek het nie werklik gedink dat ek musiek my beroep sou maak nie want ek het nie musiek teorie gaan leer nie.
My lewe het soos baie ander triomfe en nederlae gehad. In 2015 was ek in 'n motorongeluk waar ek 'n buiteliggaamse ondervinding beleef het. Die laaste ding wat die stem in die wit lig vir my beveel het was, wees gehoorsaam.
Van daar af het my lewe onherroeplik verander. Ek geweet ek moet leer om musiek te skep. Dit was asof liedjies in oorvloed deur my gespoel het en ek 'n middel nodig gehad het om dit neer te pen.
Van daar af het ek ook terugslae gesondheidsgewys ervaar en dit het nodig geraak om die aorta klep te vervang. Na 'n lang siektebed en gewag (terwyl ek vaardig geword het aan die "produksie" kant van musiek skep). Ek het ek in Oktober 2022 'n aorta hartklep vervanging gehad. Daarna was ek gelukkig genoeg om weer liefde te vind, verloof te raak en te trou.
My storie is uniek aan my. Ek besef daar is mense wat deur meer en minder is op hulle reis na musiek vrystelling.
Die een ding wat ek geleer het is dat musiek deur jou are moet vloei anders sal jy nie deurdruk nie. Dis nie maklik nie, dis nie goedkoop nie. Maar daar is niks anders wat dieselfde soort satisfaksie gee as om te weet dat ek was deel van die konsepsie en skepping van 'n musikale, emosionele en sielsroerende liedjie.