Die dansgroep is nie ‘n “wanneer-ek-niks-anders-het-om-te-doen”-aktiwiteit nie. Jy dans met ‘n maat teenoor wie jy ‘n verantwoordelikheid het. Dans is 'n vaardigheid wat, soos enige ander, deur toewyding, herhaling en oefening bemeester word.
Ons tree nie slegs op by geleenthede waarvoor ons vergoed word en waar ’n hoë standaard aan die gasheer verskuldig is nie. As kultuurdansgroep dra ons ’n groter verantwoordelikheid: ons verteenwoordig en vertoon ’n kultuur wat groter is as onsself — een waarmee ons direk geassosieer word.
Ons dans graag op die vrolike klanke van tradisionele boeremusiek asook Afrikaanse musiek en ons optredes sluit die volgende dansritmes in:
Mazurka
Polka
Wals
Setees
Kadriel
Kontradans
Om admin en kommunikasie deur die jaar te vergemaklik moet alle dansers jaarliks geregistreer word.
🔗 Registrasievorm 2026
Registrasie is nou gesluit tot Januarie-Maart 2027.
📅 Sluitingsdatum(s)
Herregistrasie van bestaande lede:
Vrydag 6 Februarie 2026
Registrasie van nuwe lede:
Vrydag 13 Maart 2026
💰 Jaarlikse ledegeld beloop R750 vir 2026
'n Zoho rekening, met unieke verwysingsnr sal NA suksesvolle registrasie uitgestuur word.
Ledegelede is betaalbaar teen:
Vrydag 27 Maart 2026
🚩 Waar
Ons het twee oefenlokale – verwys asb na die kalender hierbo om seker te maak jy daag by die regte lokaal op:
SWVS = Sytze Wierda Voortrekker Saal
📍 Sytze Wierda Voortrekker Saal: 149 Friederiche straat, Wierda Park
WDBM = NG Kerk Wonderboom
📍 NG Wonderboom: Rosemary Ave, Annlin, Pretoria, 0182
⏰ Wanneer
Vrydagaande: 18h00 - 21h00
Addisionele oefeninge kan bygevoeg word sou die groep deur die loop van die jaar uitnodigings vir optredes ontvang.
Oefenkampe
Intense oefensessies ter voorbereiding van groot optredes
⏰ Vrydagaand: 18h00 - 21h00
EN
Saterdag: 09h00 - 15h00
Die kinders slaap nie oor nie en bring hul eie middagete vir die Saterdag.
Daar is gewoonlik 3 tot 4 sulke naweke deur loop van die jaar.
Oefendrag
Gemaklike klere met dansskoene/vellies en dogters met oefenrompe (wye romp wat tussen knie en enkel hang.
2026:
📅 Eerste oefeninge
📢 Oefening @SWVS
📅 23 Januarie
⏰ 18h00 - 21h00
🚩 Sytze Wierda Voortrekker Saal: 149 Friederiche straat, Wierda Park
Saam met nuwe lede + ouervergadering
📢 Oefening @WDBM
📅 13 Maart
⏰ 18h00 - 21h00
🚩 NG Kerk Wonderboom, Parsley Str, Sinoville
❗ Die ouervergadering is regtig vir ons belangrik, dit gee:
belangrike inligting en reëlings deur
verduidelik spesifieke besluite en prosesse
geleentheid vir vrae
kans vir bietjie ken-mekaar onder die ouers sodat daar gemaklik ondersteuning gegee kan word deur die jaar
Teken dus die datum aan en woon asseblief hierdie vergadering by
Die optredes word meestal beperk tot naweke omdat die groep saamgestel is uit verskillende skole en weeksdae nie moontlik is nie. Daar kan egter uitsonderings wees maar dit sal so vroeg moontlik bekend gemaak word.
Sodra ‘n uitnodiging ontvang word, word ‘n opname op die Wattsupp groep gedoen om beskikbaarheid te bevestig. Vinnige reaksie hierop is baie belangrik want die uitnodiging moet bevestig of van die hand gewys word.
Sover moontlik word geen optredes tydens vakansies gereël nie behalwe tydens Erfenisdag in September en Gelofteweek in Desember. Indien enigsins moontlik vra ek dat vertrektyd vir Desembervakansie voorsiening maak vir deelname hieraan aangesien dit een van die geleenthede is waar dit nodig is dat ons daar gesien word.
2026:
💰 Die groep vra R1750 per optrede. Voltooi die vorm om ons te bespreek vir 'n optrede.
2027:
Tshwane Jeug Kunstefees: Staatsteater, Pretoria
Die TYAF (Tshwane Youth Arts Festival) is 'n prestige kunstefees wat jaarliks in Augustus plaasvind met baie streng reëls en tydlyne.
Die dansgroep neem elke 2de jaar deel. Die volgende deelname is in 2027.
Oefensessies
Die volledige jaarprogram met alle beplande oefensessies is reeds vanaf Januarie beskikbaar sodat almal mooi kan beplan. Bywoon van oefeninge en oefenkampe wat fokus op hierdie optrede, asook die kleedrepetisie, is verpligtend vir insluiting in die optreegroep.
Oudisie
Die groep doen ‘n virtuele oudisie in Mei maand teen 'n koste van R500 vir die groep. Indien die oudisie suksevol is moet die R2000 inskrywingsfooi betaal word (wat ‘n professionele opname van die optrede insluit). Die groep word dan in die program ingedeel. Hierdie kostes behoort ‘n aanduiding te wees van die erns waarmee oefeninge en deelname benader moet word.
Optrede:
Die program word gewoonlik oor twee weke gesprei, maar ons vra gewoonlik met die inskrywing vir optrede in die 2de week.
Datum: 27 Feb - 1 Mar 2026 (Gewoonlik die 1ste naweek in Maart elke jaar)
Terrein: Hartebeesfontein Voortrekkerplaas
Koste: R650
Tydens hierdie kamp kry die huidige dansgroep die geleentheid om hulle kennis aan hulle portuurgroep oor te dra maar dit is ook die primêre werwingsaksie vir die groep vir die jaar omdat dit net in uitsonderlilke gevalle is dat kinders na April kan aansluit.
‘n Kursus vir volwassenes word ook tydens die naweek (apart van die kinders) aangebied.
Lees meer: Maart Danskamp 2026
Datum: 13-19 Julie 2026 (3de week van die skoolvakansie)
Koste: TBC
Daar word woes beplan aan 'n OPWINDENDE toer!
Kostes sluit in:
- vervoer
- verblyf
- etes
- besienswaardighede
Lees meer: Julie Noordkaaptoer 2026
Datum: 4-6 September 2026 (volgens die Afrikiti ATKV Buffelspoort feesnaweek)
Terrein: ATKV Buffelspoort
Koste: Per jou keuse van verblyf
Kom geniet 'n gesinswegbreek saam die dangroep waar ouers saam kuier en die dansers die Afrikiti-gehoor vermaak en leer.
Meer inligting sal vroeg in 2026 beskikbaar wees.
Lees meer: September Afrikiti 2026
Datum: 23-25 Oktober 2026 (Gewoonlik die voorlaaste naweek in Oktober elke jaar)
Terrein: Wag-'n-Bietjie Ekokamp
Koste: +- R750
Die kamp in Oktober is slegs vir dansgroeplede en sluit ‘n formele 4 gang dinee in. Die kinders trek formeel aan vir die geleentheid. Matrieks trek gewoonik hul matriekafskeid uitrustings aan en is die eregaste tydens die geleentheid waar ons van hulle afskeid neem.
Die Sondag, sal die jaarafsluiting van die groep plaasvind saam met die afsluiting van die kamp. Die jaarafsluiting is ‘n geleentheid waar dansers erkenning kry vir harde werk en toewyding gedurende die jaar met ouers en familie as getuies.
Lees meer: Oktober Dineekamp & Afsluiting 2026
Kleredrag is baie spesifiek tot die uitdra van die beeld van die groep en word spesiaal vir ons gemaak.
Optreedrag
Groepsdrag
Voorbeelde
Versorsing
'n Volledige koste-uiteensetting is beskikbaar om 'n idee te gee van die jaar se uitgawes.
Lees meer: Kleredrag & Kostes
Sien volledige skedule met betaaldatums hier
Die Boeredansgroep gebruik Zoho as platform vir die uitreik van rekeninge en allokering van betalings. Rekeninge sal per e-pos uitgereik word soos deur kostes bepaal. Kennisgewings van nuwe rekeninge sal op WhatsApp geplaas word vir kennisname van rekeningpligtige. Rekeningpligtige kan ook inteken op die Boeredansgroep se Zoho portaal om rekeninge digitaal te bestuur. Die skakel vir die portaal sal per e-pos gestuur word na voltooiing van danser registrasie.
Gebruik asseblief die unieke Zoho rekeningnommer (BD-####) wanneer betalings gemaak word om die rekonsiliasieproses te vergemaklik.
Dansgroep se rekening is:
Naam: D Smith
Bank: Standard Bank
Rek #: 015968413
Takkode: 010045
Verwysing: BD-#### (unieke Zoho rekeningnommer)
Alle kommunikasie met dansers en ouers vind plaas via ons WhatsApp Gemeenskap (WAG). Nuwe lede en ouers word by registrasie tot die gemeenskap gevoeg. Die WAG bestaan uit die volgende groepe; dansers en ouers sal soos nodig by die toepaslike groepe gevoeg word:
📣 Dagberigte
Beide dansers (kinders) en ouers het toegang tot hierdie groep. Dié groep word deur administrasie gebruik om belangrike inligting oor oefeninge, optredes en ander reëlings deur te gee.
ℹ️ Die Wa-kis
Beide dansers (kinders) en ouers het toegang tot hierdie groep. Hierdie groep is ’n inligtingsbiblioteek met skakels na die webblad, kiekie-kas en ander bronne, waar statiese inligting te alle tye beskikbaar is.
💃🏻🕺🏻 Dansers
Slegs dansers (kinders) het toegang tot hierdie groep. Afrigters deel hier inligting oor choreografie, formasies, dansmaats en setlyste vir optredes. Verjaarsdae word ook hier gevier.
👥 Dansgroep Ouers
Slegs ouers het toegang tot hierdie groep. Ouers kan onderling vervoer en ander praktiese reëlings tref. Inligting wat slegs met ouers gedeel moet word, en nie met dansers nie, word ook hier geplaas.
🥾 Die Laaste Walsers
Slegs matrikulante van die vorige jaar het toegang tot hierdie groep. Geleenthede waar hulle vir 'n laaste jaar nog betrokke kan bly word hier gedeel en gereël. Ná hierdie "grasiejaar" kan hulle by die Lekkerdraai Boeredansgroep vir volwassenes aansluit.
Ons sosiale media-span neem tydens optredes en ander geleenthede fotos en videos wat vir digitale plasings gebruik word. Hulle maak ook gebruik van fotos en videos uit die kiekiekas wat deur kinders en ouers gedeel word, en reël ook gereeld kompetisies om dansers te betrek en die dansgroep verder te bevorder.
Volg ons op:
Facebook #wapadrandboeredansgroepDie Kiekie-kas is die as sentralebiblioteek vir fotos en videos. Elke jaar het sy eie subleêrs vir optredes, kampe en ander geleenthede waar media gelaai kan word.
Ons vra vriendelik dat ouers en kinders met oorleg fotos en videos oplaai en vermy om veelvoudige kopieë van dieselfde foto of video op te deel, aangesien dit administrasie se taak bemoeilik om die Kiekie-kas netjies en georganiseerd te hou.