My naam is Simone Fourie en ek is 19 jaar oud.
Ek studeer by die Universiteit van Pretoria en is huidiglik besig om my studies te voltooi in Grondslagfase onderwys.
My grootste rolmodel is defnitief my kleuterskool juffrou, Juffrou Alta en sy is een van die hoof redes hoekom ek onderwys gekies het. Ek het die meeste by haar geleer en ek sal graag so 'n groot inspirasie soos sy wil wees wanneer ek my studies voltooi het.
Hierdie webtuiste handel oor Geletterdheid in die Grondslagfase.
Daar gaan ook gekyk word na Lees- en skryfonderrig in die Grondslagfase, sowel as die belangrikheid en die gebruik van Kinderliteratuur. Ons bespreek ook Veeltaligheid in die klaskamer, sowel as 'n Opvoedkundige Teorie wat met Taalleer skakel.