My naam is Biancé van Rensburg, ek is 29 jaar oud en oorspronklik van Mosselbaai. Ek studeer tans by die Universiteit van Pretoria waar ek my B.ed Grondslagfase graad wil voltooi.
Ek het vir 10 jaar my eie dansskool gehad in Mosselbaai en George, Dynamic Dance Academy. Ek het 'n groot liefde en passie vir kinders en sien myself in die onderwys beroep. My graad 2 juffrou het my jare terug inspireer om die beste moonltike onderwyseres vir jong kinders te wees wat ek kan en onderrig te gee vanuit die hart. Ek wil die tipe onderwyseres wees wat 'n positiewe verskil in 'n kind se lewe maak en hulle help om die beste in hulself te sien en in hulself te glo.
Hierdie webtuiste is daar om u meer te vertel van 'Geletterdheid in die Grondslagfase' en die uiterse belangrike rol wat kinderliteratuur in jong leerders se lewens speel. Ons bespreek onder andere behaviourisme as opvoedkundige toerie en skryf- en leesonderrig in die gronslagfase.