My naam is Kayla Bolleurs. Ek is 'n student by Die Universiteit van Pretoria. Ek is in my tweede jaar van my Bed graad en ek geniet dit baie.
Die rede hoekom ek onderwys studeer is omdat ek 'n liefde en 'n passie vir mense het. Ek hou daarvan om mense te help en om te voel dat ek hulle sal help om groot dinge te bereik in hulle lewens.
My doel is om 'n groot impak te maak op elke leerder wat deur my klaskamer se deure kom.
In die toekoms sien ek myself as 'n baie suksesvolle onderwyser en my droom is om 'n opvoedkundige sielkundige te word.
Die blog is hier om meer inligting te gee oor die geletterheid in die Grondslagfase en om die belangrikheid van kinderliteratuur in kinders se lewens te beklemtoon.