Hoe geseënd is ek, om as hoof, voor te stap met 'n dinamiese personeel wat regtig OMGEE vir ons leerders; wat nie bang is om die ekstra myl vir hul te stap nie. Laerskool Laurus is 'n skool met 'n hart, en die mense wat deel is van die skool, is die hartklop daarvan!