IN GRAAD R WORD ONS SPEEL SLIM
Ons is geregistreer by die Departement van onderwys en daarom verbind om die bepalings van die voorgeskrewe nasionale kurrikulum te handhaaf.
Dus word die drie leerareas, soos beskryf vir die Grondslagfase, in ons leerprogramme geimplementeer:
· Taalvaardighede (Huistaal Afrikaans)
· Syfervaardighede (Wiskunde)
· Lewensvaardighede (Fisiese-, persoonlike- en sosiale vaardighede
HANDVOL LEKKERTES OM NA UIT TE SIEN
· Instappies ( Mense wat ons kom besoek )
· Rekenaarklasse ( Opvoedkundige speletjies )
Skooltye vir Graad R is winter en somer 08:00 tot 12:30.
Elke leerder moet asseblief die volgende items aanskaf:
1. ‘n Rugsak van 30cm x 40cm. Pasop vir te groot of te klein. Hulle het nogal heelwat goedjies wat daar moet in.
2. ‘n Kosblikkie en koeldrankbotteltjie. Maak asseblief seker dat die botteltjie nie lek nie.
3. 6 rolletjies toiletpapier
5. 2 botteltjies vloeibare handseep
6. 2 pakkies pleisters ( Verkieslik die materiaal soort )
8. 1 blikkie lugverfrisser
9. 1 pakkie watteballetjies
Elke leerder benodig die volgende skryfbehoeftes:
· 1 pakkie uitdraai kryte
· 1 pak skoon wit A4 papier
Graad R hemde kan bestel word by u kind se klasonderwyser vir R120. Ons maats dra dit op Maandae en Vrydae. Hulle sal ook die hemde kan dra wanneer ons op uitstappies gaan.