Daar is verskeie kruidenierswinkels, restaurante, kafee's, vulstasies en 'n bandediens, twee banke, begrafnisondernemers 'n gesondheidswinkel, skoonheidsalonne, haarkappers, motorwerktuigkundiges, asook drie prokureurspraktyke en verskeie kerke.
Die dorp beskik oor 'n 9 - putjie gholfbaan, rolbal- en tennisbane.
Mediese dienste bestaan uit 'n goed-toegeruste 32-bed provinsiale hospitaal met moderne toerusting, bv X-strale, sonar, elektrokardiografie (EKG) masjiene, monitors, 'n operasiesaal en nog meer.
'n Voltydse dokter is verbonde aan die hospitaal. Die hospitaal beskik ook oor 'n helikopter landingsplek, wat gebruik word om noodgevalle, per helikopter, af te voer na een van die groot hospitale in die gebied, bv George of Mosselbaai waar spesialisdienste beskikbaar is. Gewone ambulansdienste is ook beskikbaar. Spesialisdienste is ook op Oudtshoorn beskikbaar.
'n Kliniek is op die hospitaalgronde geleë. 'n Privaat mediese praktyk beskik oor twee geneeshere, daar is 'n apteek asook 'n fisioterapeut in die dorp.
'n Oogkundige besoek ook die dorp op 'n weeklikse basis.