Laerskool Grens bied aan : Demi-Lee Moore 4 Februarie 2023
Laerskool Grens bied rugby as 'n wintersport aan.
Seuns speel in o/9-, o/11- en o/13-liga.
Gr.0 tot Gr.1 ontvang Rugga Kids afrigting tydens skoolure.
Alle afrigters is vlak 2 - IRB.
Ons onderneem toere vanaf Mosselbaai tot Burgersdorp.
Laerskool Grens glo aan massadeelname in atletiek.
Ons het elke jaar vele leerders wat Oos-Kaap verteenwoordig op nasionale vlak.
Ons ag die spel van skaak hoog by Grens.
Alle leerders kan deelneem, en ons het twee spanne wat liga speel. Grens het al talle Border-spelers opgelewer.
Laerskool Grens bied krieket in die eerste en vierde kwartale aan.
Ons speel jaarliks in die Oos-Kaap Co-Ed fees.
Laerskool Grens speel netbal-liga vanaf o/7 tot o/13. Ons kompiteer ook in die Oos-Kaap Knock-Out toernooi.
Talle leerders behaal dikwels provinsiale kleure .
Laerskool Grens bied op ons perseel swem aan: van beginners wat ons leer swem, tot by ons swemspan. Van die leerders ding tot vlak 2 inter-provinsiaal mee. Ons is jaarliks gasheer vir B-liga galas en al die leerders kry die geleentheid om aan ons jaarlikse kleuregala deel te neem.
Grens se toegewyde landloopspan oefen weekliks en neem gereeld aan landloopkompetisies in en rondom Oos-Londen deel.
Grens bied dogers die geleentheid om deel te wees van 'n dinamiese trompoppie- span. Hulle tree by gemeenskapsfunksies en sportaangeleenthede op.
Grens het seuns- en meisiespanne wat aan ons plaaslike liga deelneem.
Ons het vyf tennisbane wat daagliks gebruik word; selfs vir die beginnergroep. Ons is trots op ons tennisprestasies en ons toer na die Sënor Chef-toernooi in Fort Beaufort, is altyd 'n hoogtepunt.
Ons hokkie-spanne neem aan talle toernooie deur die jaar deel. Ons het spanne vanaf o/7- tot o/13.
Vrydae gaan ons veld toe met ons fietse, leerders kry die geleentheid om saam met ons die wonderlike roetes van Oos-Londen aan te vat.
Ons het Maandae 'n nasionale kampioen afrigter, wat van klein tot groot die vegkuns van Judo aanbied. Ons het talle leerders wat jaarliks groot hoogtes in die sport bereik.
Professionele dansers kom rig ons seuns en dogters twee keer 'n week in verskeie kontemporêre dans genres af.
Gr.0- tot gr.R het weeklikse interaksie met eksterne professionele instrukteurs om motoriese vaardighede te verbeter. Dit is pret terwyl hul leer, en die leerders geniet die uitdagings wat gestel word.
Ons beskik oor ons eie jukskeibane, en is die afgelope dekade die toonaangewende skool in die Oos-Kaap wat op nasionale vlak verteenwoordig word.
Die seuns en dogters wat van kindsbeen af wil rugby en netbalvaardighede wil aanleer, kan aansluit by ons dinamiese span afrigters wat weekliks oefeninge aanbied.