Laerskool Grens bied aan : Demi-Lee Moore 4 Februarie 2023
Leerders neem kultuur as 'n buitemuurse aktiwiteit.
Interne Redenaarskompetisie
Die ATKV-temas word gebruik en die hele skool kry 'n geleentheid om deel te neem aan die jaarlikse kompetisie.
Wenners neem deel aan die ATKV eerste rondte en daar is gereeld leerders wat tot die semi-finaal deurdring.
Radikale Redenaars
Grens het al verskeie kere gasheer vir die kompetisie gespeel. Leerders neem aan verskeie afdelings deel. Ons het elke jaar kinders wat deurdring na die nasionale finaal.
Elfest
Ons leerders het vanjaar weer met hulle entoesiasme gesorg dat ons die beker vir die meeste inskrywings in Afrikaans verower.
Ons neem in beide die Afrikaans en Engelse afdelings deel.
Drama
Met die vryheid van ons nuwe saal en fasiliteite is ons opgewonde om in 2023 'n vertoning op die planke te bring en ons leerders 'n geleentheid gee om ook op die gebied te ontwikkel.
SACEE
Ons leerders uit die Engels Huistaal klasse neem deel aan die SACEE-pretaktiwiteite en die jaarlikse Public Speaking kompetisie.
Koor
Die twee kore(Grondslagfase en Intersen) asook sanggroepe oefen weekliks en neem aan die EISTEDDFOD deel.