Laerskool Grens bied aan : Demi-Lee Moore 4 Februarie 2023
Die vakke wat in die Intermediêre Fase aangebied word is:
Afrikaans ( Huistaal )
Engels ( Eerste Addisionele taal )
Wiskunde
Natuurwetenskappe en Tegnologie
Sosiale Wetenskappe
Lewensvaardighede
In gr. 7 word die volgende vakke bygevoeg:
Ekonomiese Bestuurwetenskappe
Kuns en Kultuur
Graad 5 tot 7 leerders word ook die geleentheid gebied om Engels Huistaal te neem. Hierdie leerders neem dus albei tale op Huistaalvlak.
Ouers word tydens kwartaallikse rapporte en oueraande oor hul kind(ers) se vordering ingelig.
Ons strewe daarna om hoë akademiese standaarde te handhaaf en om elke leerder tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel. Leerders word op verskeie maniere vir akademiese prestasies beloon.
‘n Dissiplinêre stelsel met positiewe uitkomste verseker dat leerders bewus is van die noodsaaklikheid van selfdissipline.