Laerskool Grens bied aan : Demi-Lee Moore 4 Februarie 2023
Die Grondslagfase bestaan uit Gr R- tot Graad 3- klasse.
Die leerders ontvang onderrig in:
Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Lewensvaardigheid
In die Grondslagfase kry elke leerder die geleentheid om sy / haar grondslag t.o.v taal, sosiale en emosionele vaardighede vas te lê.
Laerskool Grens bied 'n beskermde ruimte waarin elke leerder hulself kan uitleef.
Geleenthede word op akademiese-, sport- en kultuurgebied geskep sodat elke leerder tot sy / haar volle potensiaal kan ontwikkel.
Laerskool Grens ag samewerking en kommunikasie met ons ouers uiters belangrik. Kwartaallikse rapporte en oueraande word gehou waartydens leerders se vordering bespreek word. Ons handhaaf 'n "oop-deur-beleid" wat gereelde kommunikasie aanmoedig en bevorder.
Ons streef daarna om vir elke leerder 'n vaste grondslag te lê waarop hulle die res van hul skoolloopbaan met sukses kan BOU!